Die hoop in ons klaskamers
Ouers in Suid-Afrika is die afgelope tyd warm onder die kraag oor die moontlike implementering van die sogenaamde Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (Bela).
Die voorgestelde wetgewing is volgens talle net ’n politieke agenda. Die agenda is volgens hulle om Afrikaans uit te wis.
Hoewel ’n dokumentêre program oor die Bela-wet natuurlik geen vars inligting oor onderrig in Namibië bied nie, kan dit wel perspektief bied oor die stand van onderrig in Namibië.
Bo en behalwe dat die Bela-wet die medium stipuleer waarin onderrig aangebied word – waarop daar natuurlik klem geplaas is – ontneem dié wet volgens kenners die skole se beheerliggame van talle van hul magte.
Die mag van ouers in ’n skool kan natuurlik baie voordele meebring. Die hoofvoordeel is natuurlik dat elke skoolgemeenskap vir hulself kan besluit wat hulle wanneer nodig het en in watter mate dit nodig is. Vir ’n staatsbeheerliggaam oor onderwys, beteken dit minder administratiewe laste omdat al die skole se besluite nie op hul tafels te lande kom nie.
Dit beteken egter dat die staatsowerhede minder beheer het en dat dit dan moeiliker raak om die rieme stywer te trek wanneer dit nodig is.
Die gesprek oor Suid-Afrikaanse onderrig het my dankbaar gemaak vir die verbeteringe wat stelselmatig in Namibiese onderrig gebeur.
Die feit dat staatskole mieliemeel ontvang om vir kinders uit minderbevoorregte huishoudings mieliepap sonder sout voor te sit, het oorspronklik gevoel soos iets om voor skaam te wees. Maar as jy weer dink, besef jy dat die kinders darem mieliepap kry.
Dit beteken nie dat die staat van enige verdere verantwoordelikheid verskoon is nie – dit sal steeds wonderlik wees as die kinders darem sout kan kry, maar dit maak my wel trots om pogings tot vooruitgang te sien.
Sedert my dae as blinkoog-intern het verskeie goeie harte wat kinders en ons skole op die voorgrond stel, my pad gekruis. Dit is dan wanneer jy die hoop vir ’n beter toekoms besef.
Hoop op sy eie is egter maar soos ’n skoon vel papier – as jy nie weet wat om daarmee te maak nie, sal al die moontlikhede uiteindelik vir jou ’n kopseer gee.
Dis juis ons moed om die moeilike dinge op die naam te noem en dit trompop te loop wat die transformasie waaroor ons droom moontlik sal maak.
Namibië se geskiedenis is vol voorvalle wat baie van ons liewerste wil vergeet, maar as ons dit op die agtergrond skuif omdat dit makliker is om te vergeet, verloor ons die kans om dit wat ons huidige ongelykhede geskep het op die naam te noem en by die wortels uit te trek.
Moet nie die fout maak om te dink dit sal ’n vinnige en pynlose omwenteling wees nie – dit gaan vir niemand aangenaam wees nie, maar ons het geen ander keuse nie.
Soos om ’n mes uit jou lyf uit te haal, moet die voorwerp eers gestabiliseer word, dan pynlik uitgetrek word en toegemaak word. Of ons gaan salf aansmeer of die wond lek is daarna ons besluit.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie