No Image Caption

Die kuns van suig

Charlotte Beukes-Muundjua – Uit die mond van die suigeling kom die kaalgat waarheid... naak en maskerloos.

Die soogdier suig spontaan aan sy ma se tepel – dis oorlewing.

Kleuters suig aan suigstokkies – dis pure soet plesier.

In die ouetehuis suie die bejaardes rus-rus heerlik aan ’n sappige lemoen – dis tydverdryf (en vitamien C).

Maar daar is ’n voorloper suigeling: (die Engelsman verwys na “sucker”).

Die verskynsel is normaal in die kooperatiewe wêreld, staatsdienste sowel as politiek.

’n Morsige speelpark van suig (sucking).

Ek het ’n broertjie dood aan “suigelinge” (“suckers”) .

Uit my eie Beukes Universiteit sou ons praat van “het jy nie vel oor jou gesig; het jy nie ’n gewete wat jou in jou kooi looi”.

Ek in my armgat-toestand kan met trots terugkyk en met satisfaksie sê “wat ek bereik het kom van bloedsweet en trane”.

As jy my hoogs be-dinges wil kry, beskuldig my van “net-working/sucking”. Kyk hierso, my liggaam is nie ’n dobbelmasjien nie.

Ja, kom ons raak kaalgat en op die man (vrou) af. Baie vroue in prominente posisies het posisies in ’n kooi gehad, ’n baas se kooi, al is hy getroud. Sy wou die senior (kantoor)-posisie ten alle koste hê, so kom ek kies kortpad en gly kamer toe. Sies man, dis klassieke prostitusie.

My minse, dis morsig maar dis waar! Vir gemaksig en status is dié modus operandi die in-ding.

Jy wil ten alle koste in ’n “porch”-woonbuurt bly met ’n Merc, kinders moet privaat skool toe.

Klerekas moet verander van Ackermans na ’n naam wat ons gewone werkers nie kan uitspreek. . . Frans /Italiaans – tongknopers.

Hierdie status-verslaafdes ken later nie meer die verskil tussen behoefte en luukshede.

En as gevolg van “suig verslawing” raak Madam Sucker honger in huidige posisie en beland by ’n beter maatskappy waar die suig-aksie net verder uitkring. Klink na dwelmverslawing. . . dosis moet verhoog! Die speelpark raak nouer, haar behoefte meer glansryk.

Ek kan my net die hewige verkeer in so ’n persoon se kop indink. Voortdurig aan planne knoei hoe om nog ’n wyer sprong te maak want haar leefstyl mag nie stagneer nie. Nee, dit bly aan styg.

My knelpunt is: hoe vorm jy jou tienerkind in ’n wrede wêreld? Is jy in elk geval emosioneel gereed vir die “hoë-boom-sindroom” want die soort van ding beweeg teen ’n enorme spoed.

Sal jou kind die leisels van suig maar goedertrou verder vat in sy volwasse lewe? Kanse is groot want jy het hierdie gladde pad uitgelê, hulle ken niks anders as gemak.

Op ’n môre hoor jy ’n man het homself in garage gehang. ’n Perfekte gesin in die beste area. Beste alles. En ons vra wat was kort?

’n Rehoboth-oom het gesê: “Hêrê had julle gahôr, Broer Gert se miesies meisiekind wat sô hôg gevlieg het, het dwarsdeur haar eie stront geval” (wat ’n moewiese spoed!) Spreekwoordelik vlieg die voël hoog maar sy stront val op die grond.

So onthou ek ook oorlede Oups Hans se wyse woorde: “Mense wat hulle rykdom meet met besittings, sal voorkant verdrink in ’n modderpoel van inhaligheid.” Jirre, die ou-man was in die kol!

Bravo aan my geslag wat hul goue range op die regte manier verwerf het! Hou so aan. Enige iets wat op verkeerde fondasies gebou was, tuimel een of ander tyd.

Ry jou Jan Japan-karretjie met trots. Jou tyd sal op die regte tyd kom!

– Gasskrywer

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!