Die kuur lê nie in twee
SMN – 30 jaar gelede
Wilna Wolmarans – Party mense is mos altyd gereed met ’n raad vir elke pyn, ’n oplossing vir elke probleem, ’n antwoord op elke vraag.
Voor party sê jy nie as jy ’n skeet het nie, want die medikasies wat afgerammel word, klink in sommige gevalle erger as die vorige eeu se bokmiswater en beesmispap.
Voor ander sê jy nie dat jy ’n probleem het nie, want hulle laat voel jou sommer simpel omdat jy dan nog nie in jouself gedelf het en met verwoedelike karma die oplossing na jouself aangetrek het nie.
Dit bring my by ’n ding waaroor ’n mens nooit praat nie, want ek het nog nooit iemand teëgekom wat nie soos ’n grammofoon afgaan met tonne raad, tug en teregwysing oor dié “euwel” nie. En tussen dit alles deur kan jy voel hoe die raadgewer en teregwyser met alles in sy mag probeer bewys dat hy nog nooit dié ding naby hom toegelaat het nie.
Die onding: eensaamheid. Die raad: maak nuwe vriende, gaan uit, doen iets vir iemand, sluit by ’n gimnasium aan, koop ’n fiets en ry die wêreld vol, lees ’n boek, luister na die radio, ensovoorts, ensovoorts.
Al dié dinge mag help vir die eensaamheid wat veroorsaak word deur die feit dat jy alleen is. Daarom verkies ek die woord “alleenheid” hiervoor.
Eensaamheid is vir my heeltemal iets anders – iets wat nie veroorsaak word deur die afwesigheid van ander mense nie, maar juis deur die teenwoordigheid en doen en late van ander.
Om ná jare iemand raak te loop aan wie jy vroeër baie geheg was en dan ná ’n paar minute se “small talk” te besef jy het niks meer te sê nie, maak ’n mens eensaam.
Om iemand vir wie jy lief is, te sien sink in sy gespook met probleme waarop jy geen antwoord het nie, maak ’n mens eensaam.
Om te sien hoe ’n kind sy ouer verwerp, met of sonder rede, maak ’n mens eensaam.
Om te sien hoe mense met stowwerige geraamtes in hul kaste ander mense steeds op hul verlede takseer, maak ’n mens eensaam.
Om in die groot, smekende bruin oë van ’n sterwende brak te kyk, maak ’n mens eensaam.
Om te hoor hoe iemand ’n ander se lewe opsom deur een feit te neem en sy eie storie daar rondom te bou, maak ’n mens eensaam.
Om te sien hoe mense met aansittery, allerhande geite en die feit dat hulle dié en daardie belangrike persoon ken, hul eie flaters en vlekke probeer verdoesel, maak ’n mens eensaam.
Om te besef dat iemand sy hele hart op iets gesit het wat hyself weet hy nooit sal kry nie, maak ’n mens eensaam.
Om te beleef watter onbeduidende plekkie ’n mens op hierdie aarde vul, soos ’n koppie water wat uit ’n dam geskep word en nie eens ’n duikie in die oppervlak laat nie, maak ’n mens eensaam.
Om met hande vol appels te sit met niemand wat wil erken dat hy honger is nie, maak ’n mens eensaam.
Oor dié eensaamheid praat ’n mens nie. En net die man op die maan is alleen genoeg om dit vry te spring. – 19 April 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie