Die lewe wil gelewe wees
Ek weet nie, maar dit voel soms vir my asof elke dag net al hoe meer ’n bitter pil raak om te sluk.
Dit voel soms of die lewe nie meer die moeite werd is nie, want alles is regtig só moeilik. Waarheen is ons op pad? Alles raak net by die dag duurder; petrol, kos, water, elektrisiteit, rentekoerse, en so kan ons aangaan.
Die slegste van alles is die feit dat jou salaris dieselfde bly. Ons kan nie ons werkgewers te veel hiervoor verkwalik nie, want besighede trek ook swaar. Die laaste tyd was dit ook konstant in die nuus van werkers wat staak.
Ai toggie, dan het ek weer besef ek kry darem nog ’n salaris om ’n brood op die tafel te sit. Maar daar is ook so baie wat nie eens ’n klein salaris verdien nie, dus moet ons dit wat ons het, waardeer.
Die tyd waarin ons lewe is anders. Dit laat my rondrol in die nag; van een sy na die ander.
Daar sal seker diegene wees wat sal sê: “Ag, dis onnodig. Maak jou oë toe en slaap”, maar ek is een van die ongelukkiges wat dit nie so maklik regkry nie.
Ek dink aan ons jonger generasie wie se lewens nog voor hulle lê.
Hulle moet nog kinders in hierdie onsekere, moeilike tye grootmaak. Daarom is dit so swaar om te sien hoe ons land agteruitgaan.
Die skole is oorvol. Elke jaar is dit ’n uitdaging vir ouers om vir hul kinders ’n plekkie in graad 1 en in hoërskole te verseker. Ja, dan besef ek, ons generasie was so gelukkig om sonder enige moeite plek in skole te kon kry.
Ek dink eendag so terug aan my skooljare. Toe alles nog gratis in skole was. Ouers moes seker ’n klein bedraggie vir skoolfonds betaal het; verder was alles soos potlode, penne en boeke verniet.
Buiten vir die skole, is dit ook ander staatsinstansies wat agteruitgaan. Die hospitale is net so ’n groot probleem en nie almal kan private hospitale en dokters bekostig nie.
Ons lees ook die afgelope tyd van skadevergoedingeise teen die staat vir swak mediese behandeling wat ons mense kry. Dit is ’n hartseer storie.
Ek wens ons regering en wie ons daar geplaas het om die land te bestuur, het ook slapelose nagte en sien wat besig is om te gebeur.
Talle mense moet onder brue en in rivierlope sonder kos gaan slaap. Ek voel Namibië en sy mense het dit nie nodig nie. Ons land het genoeg geld om na ons landsburgers om te sien.
Vir ons jeug wil ek graag ’n bietjie raad gee. Neem julle “education” ernstig op. En weet ook, dit kom nie maklik nie, maar dit is by verre die moeite werd om jouself met kennis te bemagtig. Sonder dit is die lewe ’n nagmerrie.
Kom ons gee nie moed op nie. Elke donker wolk het ’n silwer randjie.
Laat ons saam bid vir ons mooi land, Namibië.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie