Die mens agter die toga
Dis maklik om ’n “keyboard warrior” te wees – as die proses moeilik was om een te word, dink ek nie dié vegters sou so volop wees nie.
As ek kyk na hoe min mense in ons howe sit en ons regters reguit in die oë kyk teenoor hoe baie hulle menings in ’n kommentaarboksie lug, sou ek sê dit is aansienlik moeiliker om persoonlik vir iemand te sê wat jy van hulle dink.
Glo dit of nie, ons regters is net mense – een regter glimlag vriendelik en gesels met getuies. ’n Prokureur het glo een keer aanstoot geneem oor dié regter se vriendelike gedrag in die hof. Dit is dieselfde regter wat maande gelede sonder enige merkbare emosie twee beskuldigdes skuldig bevind het aan kinderhandel en kinderverkragting.
Onlangs vra ’n regter vir ’n staatsaanklaer hoekom hy geglimlag het aan die einde van die verdediging se slotbetoë, en hoewel ons nie weet hoekom hy geglimlag het nie, het ons almal saam met hom en die twee regters ’n glimlag op ons gesigte gehad.
’n Ander regter het van sy ferm en professionele benadering vergeet toe ’n prokureur se selfoon kliphard tydens die verhoor begin lui het. Ek sal so ver gaan om te sê die regter het selfs vir ’n oomblik ’n glimlag op sy gesig gehad. Sulke onderbrekings word gewoonlik nie in die hof geduld nie, maar hierdie regter het die prokureur dié dag verskoon.
Aan die einde van daardie einste verhoor is die beskuldigdes onskuldig bevind op ’n klag van moord. Die regter het sy redes vir die uitspraak verskaf. Toe die regter die redes voorlees, het my emosies swaar op my hart gaan lê, maar ek het sy redes verstaan. Ek het hierdie regter nog nooit as onredelik beskou nie, al kan ek soms nie die hof se redes met die situasie se emosies vereenselwig nie.
Die regter se menslikheid is ná die uitspraak dubbel en dwars bevraagteken. Die regter het later tydens vonnisoplegging dit mooi opgesom: die howe is daar om in mense se beste belang op te tree, nie om op te tree soos mense dink die howe moet optree nie. Die howe is nie mense nie, en daarom word daar van regters verwag dat hul emosies nie inmeng nie.
Ek kan hierdie regter langs ’n braaivuur sien staan en saam met sy vriende kuier – hy is beslis vlees en bloed soos die res van ons. Ek respekteer juis die feit dat dié regter sy menswees eenkant toe kan skuif om objektief na die feite en die wet te kyk.
Ons regters mag dalk net ’n naam in swart ink vir meeste van ons land se mense wees, maar in daardie sale is hulle mense wat hul werk doen, soos die res van ons. Hulle weet wat hulle doen, en ten spyte daarvan is hulle nie altyd reg nie. Niemand van ons is nie. Hulle is mense soos ek en jy – hulle lag, gesels, dink, huil en kuier soos ek en jy.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie