Wiesie Kotzé
Wiesie Kotzé

Die moed om jou drome na te jaag

Wiesie Kotzé – Nog elke keer wanneer ek ’n taak op my eie aangepak het, was die vrugte daarvan redelik oppervlakkig en leeg.

Daarteenoor, elke keer – spesifiek wanneer ek iets probeer skryf – is dit baie meer suksesvol wanneer ek dit saam met God doen.

Hollywood het aan almal wat daarmee grootgeword het die idee gegee dat ’n mens jou drome kan najaag en dat sommige dié drome sal kan uitleef. Spesifiek wanneer jou drome oor aansien, rykdom of geld gaan.

Baie mense jaag hul “Hollywood”-drome (white picket fence) na, maar bly vir ewig onvergenoeg en onvervuld. Eintlik net plein kwaad. Ek glo dat hulle hul drome vir eie gewin probeer aanwend en dit net uit hul eie krag, wysheid en energie probeer doen en soms bietjie vir bietjie vreugde daaruit put, maar meestal onvervuld en kwaad bly.

Ek glo as jou drome alleen oor die “eie ek” gaan en dit slegs vir eie gewin, finansiële vooruitgang of verryking is, mag jy die drome dalk najaag en selfs bewaarheid, maar dit gaan onvervuld, oppervlakkig en leeg bly. Want ons as mense is as sosiale wesens geprogrammeer en die najaag en verwesenliking van ’n mens se eie drome, gee net soveel genot.

Die oomblik wanneer dit oor meer as net jouself gaan, dan begin jou drome in goud verander. Sodra ’n mens ander saam met jou neem, inspireer, ophef, help om te groei, dan verander jou drome van ’n hol, leë blikkerige klank na ’n helder klinkende musiek-instrument. Nee nie letterlik in goud nie, maar die waarde van jou drome verander vanaf iets met lae waarde tot iets wat verreikende gevolge het.

Drome wat ’n impak het, drome wat soos daardie een klippie in die water kringe maak wat al hoe wyer uitkring en ander kringe aanraak.

Met hierdie kopskuif ingedagte wil ek elkeen uitdaag om hul drome in oënskou te neem en te besluit – gaan hulle net oor my, of gaan hulle daaroor om ander saam met my op te hef? Raak baie spesifiek oor die drome. Wat wil jy spesifiek bereik, hoe sal jy te werk gaan om dit aan te pak? Is jy bereid om uit die gemak van jou bed of sitkamerbank op te staan en aktief aan die drome te begin werk? Die drome gaan nie hulself uit jou bed of jou sitkamerbank verwesenlik nie. Hulle gaan hulself slegs met harde werk op ’n doelgerigte en gefokusde manier verwesenlik.

O ja, en dan is daar natuurlik die vaardigheid om uit ’n mens se eie pad uit te staan. Ons is soms ons eie grootste probleem omdat ons in ons koppe te negatief oor die saak is, of negatief met onsself praat oor ons eie potensiaal. Hou op om die saak (en jou eie entoesiasme daarvoor) dood te dink en doen iets. Enige iets vir eers. Maar op jou alie sit en om nêrens te kom nie, maak enigeen negatief en kwaad.

Ek daag jou vandag uit. Gaan maak ’n lys van daardie drome. Kyk hoeveel van hulle gaan net oor jouself en hoeveel gaan oor meer. En doen iets daaraan. Enigiets. Maar doen dit saam met God.

Gee die saadjies water, versorg hulle met goeie grond, en voor jy dit weet glo ek dat God planne het met ’n groente-, blom- of vrugtetuin in jou eie lewe. Voorspoed en seën, van Wiesie.

– Gasskrywer

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 0 Leganés European Championships Qualifying: Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Hull City 0 vs 2 Sheffield United Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 22° | 39° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 19° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 23° | 34° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 16° | 33° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 13° | 30° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:14, High tide: 05:25, Low Tide: 23:45, High tide: 17:42 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:23, Low Tide: 23:43, High tide: 17:40 Walvis Bay: 11° | 19° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:22, Low Tide: 23:43, High tide: 17:39 Rehoboth: 11° | 30° Mariental: 9° | 26° Keetmanshoop: 7° | 24° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 9° | 22° Ariamsvlei: 7° | 23° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 21° | 36° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 13° | 30° Maseru: 13° | 28° Antananarivo: 11° | 26° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 12° | 18° Durban: 17° | 20° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 23° | 34° Harare: 19° | 31° #N/A #N/A