Die Namib se ligene is g’n 'softies' nie
Dit was 05:20 toe ek teen my wil met Goose langs die pad gaan staan. Ek was onderweg vanaf Henties na Swakop. Goose het beslis ander planne gehad en my reis wreed onderbreek toe sy hardnekkig haar laaste uitlaatgasse uitblaas.
Soos almal weet en wat dié wêreld ken, bevind ek my te midde van die Nasionale Dorob-park aan die weskus van Namibië. As ek reg verstaan is dié nasionale park spesifiek geproklameer om die bedreigde ligeenvelde van uitwissing te beskerm. Ligene is ’n uiters sensitiewe simbiose tussen alge en fungusse wat net op ’n paar plekke in die wêreld aangetref word (dis nou vir die ouens wat nie weet nie).
By Wlotzkasbaken is selfs ’n draad gespan om die booswigte daarvan te weerhou om met hul vervlakste “kwats” (quad bikes) en “fô-baai-fô’s” daarvan te weerhou om daar rond te jaag en so dié sensitiewe gebied te beskerm. Ek het een keer ’n dokkie op TV gesien waar die kenner vertel dat die mens se vernietigingswerk vir etlike duisende jare nog steeds sigbaar is en die ligeenvelde deel van die geskiedenis sal wees.
Dus sal die ligene deur die mens vernietig word.
Wit, groen of oranjekleurige ligene is die mees algemeenste kleure wat die andersins barre gebied ’n spatsel van kleur gee. Die plantjie wat tot fotosintese in staat is, groei op al wat ’n klippie, rots en die kaal grond en kan in die mees uiterste omstandighede floreer.
Beide die alg en fungus kan nie sonder mekaar bestaan nie en vorm ’n besonderse vennootskap waar die fungus die water behou en so die alg ondersteun.
Ligene word ook in die uiterste toestande van die Arktiese toendra, Antakama-woestyn in Suid-Amerika en Baja Kalifornïe (Mexico) en in Kalifornïe langs die Pasifiese Oseaan aangetref.
In 2005 is twee ligeenspesies glo met die Russiese Soyuz-vuurpyl die ruimte in gelanseer waar dit vir 15 dae aan die suurstoflose vakuum en uiterste temperature van die ruimte blootgestel is. Met hul terugkeer na die aarde, is bevind dat dié twee ligeenspesies geen skade opgedoen het nie!
Nou kyk, ek is nie ’n kenner nie, maar ek stem saam met die meeste van die bewaringsbewustes wat lief is om bome te druk (ek het ook al, maar net ’n peper- en kameelboom) dat ons ligene beskerm moet word.
Nou wat my wel pla en ontstel het, is die volgende. Toe dit daar langs die nuutgeboude teerpad begin lig word, sien ek ongeveer 70 m van die pad af ’n wit kol. As ek dit absolute verwoesting van die omgewing kan noem, is dit nog steeds ’n hewige kompliment vir die maatskappy en sy siele wat die pad saamgeflans het.
Die wit kol is sementwater wat daar oor die grondverskuiwingsmasjinerie se spore uitgetap is en ’n dik harde kors gevorm het. Dat dié masjinerie daar en nog verder van die padoppervlakte af gery en die aarde omgedolwe het, is duidelik sigbaar.
Maar, daar waar die monsters en hul menslike operateurs hul spore gelos het, het die eerste ligene reeds weer vastrapplek gekry en groei mildelik waar daar onlangs niks was nie! Ek was verstom deur die “plantjies” se hardnekkigheid en alhoewel ek net sewe verskillende soorte daar kon sien, word ’n verstommende 125 spesies van hulle langs die Skedelkus aangetref.
Dit is binnekort weer Desember met mense wat goed en goeters aanvang wat hulle normaalweg nie as regdenkende Homo sapiens sou bewimpel nie. Dink voor jy doen, pas asseblief jouself, ons land en sy fauna en flora op.
Vergewe ander, wees lief vir mekaar en braai dat die biesies bewe! – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie