Die olyfboom se hoop beskaam nie
Wiesie Kotzé – So twee maande ná Mari se dood het ’n vriendin vir my ’n olyfboom as ’n geskenk gegee – dankie Sandra.
Sy het vir my die simboliek in die Bybel uitgehaal en voorgelees oor die vrede waarvoor die olyfboom as simbool staan.
Dit was om en by Juniemaand vanjaar. Ons het toe net mooi ’n maand al in die nuwe huis gewoon. En ’n nuwe hondjie gekry, wat streke het waarvan ons toe nog moes uitvind.
Einde Augustus stuur ek met trots vir haar ’n foto van waar die olyfboom pryk in sy nuwe tuiste. Twee dae later kom ek eendag niksvermoedend om die huis gestap en daar lê olyfboom kop omlaag en wortels in die lug – jammer Sandra.
Hierdie jaar het reeds my senuwees ’n knou toegedien, so my amperse hartstilstand was te danke aan ’n jaar wat lekker aan my senuwees gekou het.
Ek herplant onmiddellik die boom en gee genoeg water om hom aan te moedig om by ons te bly. So lyk olyfboom al hoe treuriger. En ons gee aanmoediging en water. En hy lyk al hoe treuriger. Later is die blaartjies droog. Geskok het ek hulle eers net daar gelos en vir die treurige boompie geloer wanneer ek daar verbystap.
Ek het soms gewonder of om water te gee nog sinvol is. My man het moed gehou en gesê: “Hou net aan.”
Later het ons die droë blaartjies afgestroop en ek het verslae na die kaal takkies gestaar elke keer wanneer ons die plantjie water gegee het.
Ná nog ’n poging of wat om die olyfboom se lewe te red, het ons slimmer geraak. Ons het ogiesdraad geknip wat hier op die werf was en soos ’n skerm om die boom se wortels geplaas en met klippe vasgepak.
So gee ons week na week, maand na maand water vir 'n droë tak van ’n olyfboom in die hoop op lewe. Dit het die klein grouer in die huishouding darem ietwat gestuit.
Dit het gevoel asof maande en maande verbygaan – ten minste ses maande staan die boom so ??(dis hoe dit vir my gevoel het en ek is nie die dramatiese tipe nie).
Emosioneel het ek myself verwyt dat ek nie eers ’n dekselse boom aan die lewe kan hou nie. Veral nie so ’n spesiale een nie.
’n Paar besoeke aan die kwekery later het ek vasgestel wat ’n plaasvervanger my sou kos.
Die tuinman is intussen ’n stille toeskouer tot hierdie spektakel en een Saterdagoggend roep hy my nader en sê: “Mevrou, al is die blaartjies af is die boom nog groen in sy boonste takkies.”
Dit het my hoop gegee. Maar nie veel nie. Asseblief boompie, gee my ’n teken dat jy nog lewe. Here wys my asseblief tekens van lewe – ek staan voor die drumpel om die boom te vervang.
’n Week of wat gaan verby en een aand hier einde Oktober gaan gee ek getrou water vir die olyftakkies wat daar in die voortuin staan.
Piepklein aan die boonste takkies wat die tuinman as groen uitgewys het – sit daar toe wonderbaarlik en onverwags nuwe knoppies.
Babablaartjies is besig om te bot! (Hy leef Sandra, hy lééf!) Ek het omtrent trane in my oë gekry van blydskap.
Daar is WEL hoop op nuwe lewe! Prys die Here. Hy gee hoop en lewe. September en Oktober het toe duidelik vir my soos ses maande gevoel in plaas van net twee. Maar die tyd van asem ophou, afwagting en hoop – maar ook die tyd van twyfel en wantroue – was baie lank en baie sleg.
Hou moed as die tuinman vir jou sê die boom is nog groen in sy boonste takkies. Gee getrou water al is daar geen tekens van lewe nie. Die tekens van lewe is om die draai, hou net aan glo, hoop beskaam nie.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie