Die plato van ‘Die Groot Volwasse Ouderdom’
Ek het in September vanjaar 24 jaar oud geword en my eerste gedagte was dat ek myself regtig soos ’n volwassene gaan moet begin gedra.
Tot op die ouderdom van 23 is jy eintlik nog jonk en jolig. Die wêreld verwag van jou om ’n partytjiedier te wees en wanneer jy, soos ek, nie is nie, word jy onmiddellik gesien as meer volwasse as dié in jou ouderdomsgroep wat nog aan die jolige kant is.
’n Pel (31) het die afgelope naweek gesê hy dink ons ??almal bereik een of ander dieselfde ouderdom wat ons verstandelike en emosionele volwassenheid betref en dan is dit nou maar dit tot jy weer begin oud word.
Ek dink tussen 19 en 23 jaar klim ons die platorand uit voor ons “Die Groot Volwasse Ouderdom” bereik en dan is ons almal ewe oud. Dan jol ons vir ’n paar dekades op die plato rond voor ons weer aan die anderkant af in ons oudag inbeweeg.
Toe ek skielik as 24-jarige bo-op die plato staan ??en rondkyk besef ek dat hierdie mense nie veel meer as diegene weet wat nog die bult moet uitklim nie en tog het ek so lank gewonder hoe dit is om een van hulle te wees.
Niemand weet wat hulle doen nie, almal sukkel maar net effens minder as wat hulle het toe die tienerhormone hulle beet gehad het. Ons almal hoop maar net die ou langs ons weet ’n bietjie meer as ons.
’n Vriendin wat op die nippertjie van haar verwelkoming by die plato staan, sê egter sy wens sy kon terugdraai, want hierdie volwassenheid waar jy vir jou eie seep en etes moet betaal, is nou nie vir haar nie.
Sy sal veel eerder in haar ma se huis bly sodat haar ma, wat hier bo-op die plato saam met ons is, vir haar kan sorg. Ek kan haar punt insien, maar hier op die plato kan ek sweer ek sien ook haar ma. Sy probeer waarskynlik nes die res van ons voorgee dat ons weet waarheen ons op pad is, maar iewers in haar is sy – nes ek – nog die onsekere meisie wat die steiltes uitgeklim het tot hier.
Die lekker ding van hier bo wees, is dat ons almal weet dat niemand hier weet wat hulle doen nie en ons belowe nie meer aan onsself en mekaar dat daar nog iets hierbo is waar die mense uiteindelik sal weet wat hulle doen nie.
Ek dink ons almal besef die idee dat ons eendag sal wakker word en die wêreld sal sin maak, was toe al die tyd ’n klug, en nou leef ons almal redelik meer selfversekerd om te weet dat dit in elk geval ’n sinnelose droom was.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie