Yandi sê maar net
Yandi sê maar net

Die prys van skoonheid

Yandi Du Plessis
Ek steur my gewoonlik nie veel aan skoonheidsgiere nie. Ek weet wat by my pas en in sommige gevalle word sekere trends heeltemal té ver gevoer, soms tot by die punt van onherstelare skade. ’n Baie relevante voorbeeld is die gier wat die afgelope tyd in Hollywood vlam gevat het waar die glansmense hulle wangvet - ofte wel “buccal fat” – permanent deur ’n kosmetiese prosedure laat verwyder. Dít om daardie holwangvoorkoms soos ’n 90’s-supermodel op Vogue se voorblad te verkry wat nie deur normale gewigsverlies bereik kan word nie. Kroekery, as jy my vra!

Die doel van die verwydering van wangvet, spesifiek in die area van die wangholtes, is om die wange meer “hol” te laat voorkom. Alhoewel 'n gesig wat natuurlik sag en voller is, as jeugdig beskou word, voel sommige mense dat hul gesigte té vol, selfs mollig voorkom.

’n Onlangse artikel in Huisgenoot beskryf die verskynsel as volg: “Die wangvetkussing is ’n ronde massa vet tussen jou wangbene en jou kakebeen. Dit bepaal die vorm van jou gesig. Hoe meer vet jy in jou wange het, hoe ronder is jou gesig. Of jy ’n geskikte kandidaat vir die prosedure is of nie, hang af van die grootte van die vetkussing, die vorm van jou gesig en jou ouderdom.”

Die hoeveelheid wangvet wat jy het, is gewoonlik geneties en word nie deur die res van jou liggaamsgrootte bepaal nie. Jou gesig kan wel voller lyk as jy gewig aansit, maar die hoeveelheid wangvet sal dieselfde bly.

“Dit vat sowat ’n uur om die vetkussing te verwyder en dit kan onder lokale verdowing deur ’n plastiese chirurg gedoen word.

Die prys van wangvetverwydering wissel van chirurg tot chirurg. In Suid-Afrika kan jy tot R18 000 of meer betaal as jy kans sien vir net lokale verdowing. As jy egter narkose kies, kan dit jou tot R35 000 uit die sak jaaag.

Wanneer die prosedure uitgevoer word op mense wat reeds ’n kleiner wangvetinhoud het, kan dit glo maklik die effek van voortydige veroudering hê en jou uitgeteer laat lyk.

Dr. Gareth Tjasink, ’n plastiese en rekonstruktiewe chirurg van Kaapstad, word in die artikel aangehaal waar hy sê hy het die prosedure die afgelope jaar minstens een keer per maand uitgevoer.

“Daar is deesdae baie druk om op Instagram goed te lyk, en baie mense wil hul filtervoorkoms chirurgies naboots,” sê hy.

Ek kan nie anders as om te dink dat dit maar net inval by al die ander gevaarlike en belaglike giere wat mense – veral vroue – blindelings oor die jare gevolg het om aan daardie spesifieke tyd en plek se skoonheidstandaarde te voldoen. Soos vroue wat in die 19de eeu hul ribbes gebreek terwyl hulle metaalkorsette gedra het om hul middeltjies kleiner te laat voorkom.

Ek dink ook die eeue-oue Chinese tradisie om meisies se voete vas te bind. Baie Chinese vroue wou destyds klein, geboë voetjies hê, wat as skoonheidsimbole gesien is.

Om dit te kry, het vroue 'n ongelooflike pynlike proses ondergaan. Hulle het die bene in hul voete gebreek, dit vasgebind en toe vir twee jaar daarop geloop en 'n heel nuwe vorm geskep.

Ek kan my nie indink dat dit die moeite, geld en pyn werd is nie. Ek wonder net wat die vroue wie se bakkiesvet nou tot niet is, oor ’n paar jaar gaan doen wanneer ronde “cherub”-wangetjies weer in die mode is...

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!