Die skoolhoof
’n Skoolhoof is ’n uiters belangrike mens in enige gemeenskap. Nie belangrik in terme van status en statuur nie, maar in terme van die groot taak wat hom/haar opgelê word. Kinders word aan hom/haar toevertrou om te beskerm, om te help met hul opvoeding en om hulle te onderrig. Hierdie verantwoordelikhede bepaal sy belangrikheid in die gemeenskap, nie sy status nie.
Maar, oor watter eienskappe moet ’n skoolhoof beskik om ’n skool suksesvol te bestuur? Oor watter voortreflikhede rakende leierskap, onderrigleiding en skoolbestuur met hy/sy beskik? Wat moet hy/sy weet van leerling-gesentreerde onderrig, professionele ontwikkeling, die bestuur van menslike en ander hulpbronne, gemeenskapsvenootskappe, leerling- en kurrikulumbestuur en volgehoue verbetering? En natuurlik moet ons deursigtigheid en toerekeningsvatbaarheid by die lysie voeg. Die vermoede tans is dat hierdie eienskappe en nog meer sorg vir doeltreffende skoolhoofde. Maar, dis ’n mondvol en geen skoolhoof kan oor al hierdie vaardighede in gelyke porsies beskik nie. Alle skoolhoofde is op een of ander wyse beperk of skiet erens te kort. Die meeste skoolhoofde word aangestel op grond van vermoedens en daar word aangeneem dat hy of sy die werk sal kan doen. Die lys van bevoegdhede wat in onderhoude soos ’n voordrag opgesê word, “land op die rak en vergaar stof” of “kry ’n ereplek in die kluis”. Nou word die nuut-aangestelde skoolhoof deur die werklikheid gekonfronteer. Die vraag is egter hoe nou gemaak, want die uitdagings gaan nie weg nie.
Maar, daar is geen rede om die eerste dag al pad te vat nie. Skoolhoofde het ’n netwerk van individue (en groepe) met vaardighede en kennis by wie hy/sy om hulp kan aanklop. Dit sluit in onderwysadministrateurs, sy kollegas, skoolrade, ouers, en afgetrede onderwyspraktisyns. Maar daar is ’n voorwaarde; hy/sy moet besef dat hulle nie alwetend is nie.
Terwyl ek met hierdie artikel besig is, dink ek aan een van die grotes van wie ons Saterdag finaal afskeid geneem het. Freddy Magerman is gebore op Genadendal waar hy ook sy skoolloopbaan afgesluit het. Hy ontvang sy opleiding aan die Onderwyskollege Suid-Kaap (OKSK) in Oudtshoorn. Hy beklee ’n betrekking in Brandvlei waar hy ook in die huwelik met Antie Annie tree. Hierna beklee hy betrekkings in Swakopmund en Bethanie. Ek en hy het saam in 1983 betrekkings aanvaar in Karasburg; hy by die Ernst Jager Gekombineerde Skool en ek by die Lorsville Junior Sekondêre Skool. Hier het hy gebly tot en met sy aftrede in 1999.
Freddy Magerman het ’n geweldige impak gemaak by hierdie skool en in Karasburg. Baie leerders wat die skool voortydig verlaat het, het na die skool teruggekeer. Een van sy vier dogters vertel dat sy lewe taamlik verweef was met die syfer nege. ’n Nommer wat geassosieer word met groei, wysheid en vervulling. Ek het die eer gehad om op 9 Januarie 1983 met hom op Karasburg te begin.
So ’n groot man sterf nie; hy leef voort in herinnering. Daarom vind ek die volgende gedig van Claire Harner (1934) so toepaslik:
Do not stand at my grave and weep,
I am not there, I do not sleep.
I am a thousand winds that blow;
I am the diamond glints on the snow.
I am the sunlight on ripened grain;
I am the gentle autumn's rain.
When you awaken in the morning's hush,
I am the swift uplifting rush
Of quiet birds in circled flight.
I am the soft star that shines at night.
Do not stand at my grave and cry.
I am not there; I did not die.
[email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie