Die slagoffers wat nie die media haal nie
Ek sit elke dag vir ure lank in ons Namibiese howe en ek is gereeld sprakeloos.
Ek gril vir al die gru-detail wat ek hoor. Ek kan net nie aan die wreedheid en die geweld wat ons land oorheers gewoond raak nie.
Geweld is al so algemeen in ons land dat die gewone man op straat nie eens van alles hoor nie.
Talle jong meisies word elke week in informele nedersettings en oraloor ons land verkrag. Ooms en pa’s verkrag jong kinders, en ander word deur vreemdelinge in bosse en rivierbeddings ingesleep.
Babatjies word verkrag. Hulle word weggegooi en geaborteer. In plastieksakke toegedraai en in asblikke gegooi.
Daar is soveel van hierdie grustories dat joernaliste nie oor alles kan verslag doen nie. As ons moes skryf oor elke mens wat oor ’n naweek voor ’n kroeg doodgesteek is, sal die koerante net geweld bevat. Daar sal nie plek vir enigiets anders wees nie.
Ons land het ’n probleem en ons kan dit nie langer ignoreer nie.
Hierdie maand moes ek hofsake bywoon wat handel oor grusame geweld: ’n Man wat sy vrou met ’n hamer doodgeslaan het; twee mans wat ’n 81-jarige vrou verwurg het; ’n man wat sy meisie 11 keer met ’n mes doodgesteek het; en die lys gaan aan.
Ons sien net ’n klein gedeelte hiervan in ons dorpe met huisinbrake en mense wat op straat aangeval word, maar dit is beslis net die oortjies van die seekoei.
Die publiek weet nie van al die geweld nie, aangesien die media nie oor alles kan berig nie.
Rowers breek by huise in, dreig die huismense met vuurwapens en besteel hulle rot en kaal. Dit is ernstig en hartseer, maar dit is nie ongewoon in ons land nie.
Sommige van dié slagoffers vra dat die publiek ’n geldelike bydrae moet maak en ek kan nie anders as om te frons nie. Jy het steeds ’n dak oor jou kop? Steeds ’n bed om op te slaap? Tog?
Jy is steeds bevoorreg genoeg om te kan werk en hoewel ek regtig meegevoel met hierdie mense het en elke dag bid vir my en my familie se veiligheid, bid ek minstens agter ’n hoë heining en geslote deure.
Die misdadigers kan dalk oor my heining klim en by my geslote woning inbreek, maar hoeveel meer kan hulle nie in ons informele nedersettings doen nie?
Honderde mense in ons land woon in plakkershutte met geen water, elektrisiteit of toiletgeriewe nie. Hierdie mense woon in vrees, want hulle kan nie agter hoë heinings wegkruip nie. Hulle kan nie hul voordeure sluit nie.
Jong meisies moet daar slaap met die wete dat ’n man enige tyd saam met haar in haar bed kan klim.
Dit is dié jong meisies wat nie altyd die media haal nie. Sy word nie ’n voorbladstorie nie. Sy bedel dalk op straat vir geld en nie in die sosiale media met haar splinternuwe selfoon nie.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie