Die slegte ou dae
Ek sê maar net 30 jaar gelede
Fred Goeieman – Oorlewing deur hongersnood in die berugte Swapo-”gate” kon ’n mens soms tot duiwelse gedagtes dwing – veral wanneer jy in ’n groep van meer as negentig mense moes kompeteer vir twee blikkies aapvleis.
Boonop moes dit gelykop gedeel word in minstens vyftien houtpanne met stomende geelpap! ’n Enkele blik vir die horde uitgehongerde mede-aangehoudenes met wie dié “luukse” kos – ’n blikkie aapvleis – gedeel moet word, het gedagtes by jou laat posvat waarvan beskaafde mense sou gril. Vleis was ’n luuksheid waarvan ons ná vier of meer maande net die geur gekry het of soms stukkies geproe het.
Dié gebrek aan gebalanseerde kos het tot baie sterftes gely. Ons het gekla van skeurbuik en opgeswelde liggaamsdele wat tot noodlottige gevalle gely het.
Een episode uit dié tyd pla my so af en toe wanneer ek my ná meer as vyf jaar trommeldik aan goeie kos eet: die gedagte dat die groep ’n enkele mondvol aapvleis moes deel.
Dit was op die sogenaamde “Dag van die Aapfees” dat ene Madawab besluit het dat hy ondanks besware van sy mede-aangehoudenes vir homself ’n eie potjie aapvleis gaan kook – ’n mengsel van kop, pootjies en derms! “Omunhu elai ngahelipi!” (Hoe dom is dié man nie), het baie van ons uitgeroep en verseg om aan die pot te eet terwyl die wagte uitgebars het van die lag.
Madawab het egter ’n “sielsgenoot” onder die groep gekry wat bereid was om die “buitengewone ete” met hom te deel.
Ou Malakia (70), ’n helikoptervlieënier volgens die berugte Swapo-veiligheidsdiens, het besluit dat honger die beste kok is en dat kos iedergeval net iets is om hom te versadig. Asof hulle vir ’n koningsete aansit, het Madawab dié dag eers saam met die ander van die rantsoen-aapvleis geëet, maar die daaropvolgende dae het hy en Ou Malakia rustig en alleen aan hul mengsel-potjie en die geelpap gesmul.
“Die hotelle van Zaïre kon dit nie beter voorberei het nie,” het hy agterna gesê. (Aapvleis is glo ’n gesogte dis in Zaïre.)
Een aand het ’n hond van een van die omliggende Angolese nedersettings in ’n rioolgat vasgeval. Tot sy nadeel het Swapo se aangehoudenes in daardie stadium sowat twee maande lank sonder vleis en net op bruin gebrande rys ’n bestaan gevoer. Die hond het deur die nag om hulp getjank, maar die volgende oggend het hy in ’n pot beland.
Oor die omstandighede waaronder die hond in die pot beland het, sal ek liewer nie uitbrei nie. Daar was later egter ’n feesmaal soos nooit tevore in die sogenaamde “hel-gate” beleef is nie.
Manne wat die voorafgaande maande uitdrukkingloos en met dowwe oë na die dak van die gat gestaar het, het ná dié dag se ete vrolik begin neurie.
Maar, soos dit soms onder vriende is wat “suffer”, is onderling ooreengekom dat dié voorvalle nie vir die ore van die publiek bedoel is nie. – 19 Julie 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie