Die son skyn op Hage Geingob-stadion
Otis Daniels
Terwyl die Brave Warriors hul tuiswestryde noodgedwonge in ons buurland, Suid-Afrika, moet speel, kon ongeveer 4 000 geesdriftige rugbytoeskouers hulle Welwitschia-span teen die Blou Bulle in lewende lywe sien meeding op eie bodem. Teenstrydig met die gebrek aan teenwoordigheid van ondersteuners vir ons nasionale sokkerspan wat tans diens doen aan die anderkant van die grens, was die atmosfeer in Windhoek in die Hage Geingob-stadium belaai met spanning.
Aanlyn kaartjieverkope, genoegsame stalletjies, ’n paar splinternuwe stoele op die hoofpaviljoen, die “big screen”, ’n splinternuwe telbord, verskeie kompetisies vir rugbyondersteuners en die uitsaai van die wedstryd in Afrikaans en Engels was van die toevoegings wat gevloei het uit ’n nuutgevonde ooreenkoms tussen die Namibiese Rugby-unie (NRU) en Synergi.
Dit het sommer die winterkoue laat smelt en aan die einde van die dag het ’n fees van drieё dit die moeite werd gemaak vir almal wat opgedaag het vir die wedstryd by die tuiste van nasionale rugby in ons hoofstad.
Ná die wedstryd was daar tyd om foto’s te kiek met ons plaaslike sowel as die besoekende rugbyhelde. Dit was verblywend om te sien hoe veral die jongspan en ondersteuners van die spel, goed van die geleentheid gebruik gemaak het.
Ek kon ook lekker skouers skuur met my rugbyvriende van Walvisbaai en met die manne van Ocean Swallows wat al die pad vanaf Lüderitz (my geboortedorp) gevlieg het om die verdedigende Etosha Lions die stryd aan te sê in een van die semifinale-wedstryde van die NRU se eersteliga.
Ek is beslis bly ons het darem nog ’n stadion wat aan internasionale standaarde voldoen, dat ons nog besoekende rugbyspanne op tuisbodem kan akkommodeer en die hoogste vorm van ons geliefde spel kan geniet.
Ja, dit was lipleklekker om die Bulle in aksie te kon sien en ek kan nie wag vir die besoek van Portugal op 13 Julie nie. Die feit dat die munisipaleteit van Windhoek besluit het om die krag by die stadium te kom sny ‘n dag voor die wedstryd, het egter ‘n wrang smaak in my mond gelaat.
Bronne sê vir my dit is ‘n ou ding en gebeur glo altyd waneer gerugte van groot rugby die rondte doen.
Ek verstaan daar moet vir dienste betaal word, maar wonder waarom sal jy dan nou die hand wat jou voed summier wil afkap?
Om dié rede dink ek dit is hoogtyd dat die NRU liewers moet kyk om die Hage Geingob-stadion se dak met sonpanele te bedek en op dié wyse die geriewe van krag te voorsien.
Verskeie toonaangewende besighede het reeds gewys dat dit werk. Ek glo dit sal ‘n wen-wen vir die regering, die stad van Windhoek se munisipaliteit en ook vir die rugby-unie wees.
Die sonkrag wat opgewek word, kan gestoor word en die res kan dan aan Nampower verkoop word. Op die manier maak die unie ook ‘n paar sente en die Onafhanklikheidsstadion se ligte oorkant die pad bly ook aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie