Die voorreg om te ‘kan’
Wiesie Kotzé – Stel jou voor, soos in ’n Hollywood-fliek, gaan slaap jy vanaand en môre is jou wêreld skielik net anders. Iets is nie soos dit gister was nie. Byvoorbeeld die hemelruim is skielik groen in plaas van blou.
Of erger, die volgende dag staan jy op en jy kan nie eens die hemelruim sien nie.
Ons sintuie en ledemate is sulke aanvaarde komponente van ons alledaagse lewens dat ons al opgehou het om dankbaar te wees dat hulle bestaan en so ons lewens maklik en uitvoerbaar maak.
Ek dink vanoggend spesiaal aan iemand met wie dit tans nie so goed gaan nie. Oornag het iets drasties in hul lewe verander wat voorheen ’n vanselfsprekende lewensreg was.
Jy weet, soos om te kan sien, te hoor, te praat, te loop of te kan voel. Letterlik oornag. Ons het nie vir Hollywood nodig om ’n dramatiese prentjie te skets van wat alles moontlik verkeerd kan gaan in ’n mens se lewe om jou dankbaar te maak vir dit wat jy het nie. O nee.
’n Mens moet net bewus wees van dit wat met die mense rondom jou gebeur. En ’n mens moet dankbaar wees vir elke oomblik wat goed is. Net nou die dag het ek en “my vriend” mekaar toevallig by die polisiekantoor raakgeloop. En daar klets ons ’n hond uit ’n bos uit sonder enige sorge of bekommernisse.
Vandag lyk die prentjie heelwat anders. Lirieke uit ’n lied wat ek ’n tydjie terug ontdek het – en beslis ook al aangehaal het, What are we waiting for – For King and Country sê: “Why are we wasting all the time like someone’s making more?”
Ek glo nie daarin om in vrees te leef vir al die baie dinge wat kan skeefloop nie, maar ek glo wel daarin om bewus te wees van hoe dun ons lewensdraadjie werklik is. Om deurentyd bewus te wees van wie of waarvan ons afhanklik is vir ons geluk en welstand. En om dan daarvolgens te lewe. Want wie van ons weet regtig hoeveel tyd nog oor is op elkeen se lewenshorlosie?
Op ’n ligter noot, wie van julle kon wel vanoggend sien dat die hemelruim nog steeds blou is? Vroegoggend tans so ’n diep oranje amper pers-pienk. Asemrowend. Wie kon uit die bed uit opstaan en na die sitkamer of kombuis loop? Wie kon die koffie of tee ruik toe dit klaar gemaak is? (Hande in die lug julle – ons skryf toets hierna).
Wie kan ’n oomblik afstaan en, diegene wat soos ek in ’n Skepper glo, hom daarvoor dank. Diegene wat nie my oortuiging deel nie, wil ek vra neem ’n oomblik om net pleinweg dankbaar vir jou sintuie te wees. En as ’n volgende stap, wanneer jy hulle gebruik, doen dit met mening, doelgerigtheid en dankbaarheid.
Vir ’n baie lang tyd was my enigste motivering om te oefen, die feit dat ek daartoe in staat was om te kan oefen. (Hei, motivering om te oefen is moeilik om te bekom oukei – ’n mens gryp maar na enige ding wat in jou kop opkom!)
Vandag sit ek hier en skryf vir julle en daar is fisiek niks met my verkeerd nie, maar ek oefen nie tans die spiere in my liggaam nie. Iemand het die volgende konsep eendag in leketerme vir my uiteengesit: “The only way to ensure you lose the use of a muscle is not to use it.”
Dankie “my liewe vriend” vir die herinnering dat ons ons ledemate moet gebruik solank ons dit het – en net omdat ek kan, gaan ek vanaand ’n draai om die blok stap.
Mag die Here jou seën en by jou wees in hierdie moeilike tyd. As jy na hom uitreik is jy in die Hande van die enigste geneser wat bekend is daarvoor om wonderwerke te laat gebeur.
En in die tussentyd, mag hy jou immer opgewekte gemoed beskerm en bewaar.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie