Yolanda Nel
Yolanda Nel

Die waarde van daardie stukkie papier

Yolanda Nel
Tersiêre onderrig. Waar studente bymekaarkom om hul intellek uit te daag en hul ouers se beursies leeg te tap (dankie, Pa).

Ek is geen akademikus nie, maar as iemand ‘n aanbod maak om voltyds te studeer en navorsing te doen, is ek seker die eerste om my hand op te steek, veral as dit beteken ek kan doktor Nel wees.

Soms droom ek nog van verder studeer, maar dan skree ’n kleuter en die realiteit gil op my en sê: “Nie nou nie!” Goed dan. My vriendin vertel my so ’n rukkie terug dat ’n universiteit in België binnekort ’n nuwe vak gaan aanbied – ’n (intellektuele) avontuur wat die grondslag van hoër onderwys gaan laat skud. ’n Kursus toegewy aan die akademiese ontleding van die bekende Taylor Swift se lirieke. (Cue “Don’t Blame Me” hier). Ja, jy het reg gelees.

Ek verstaan nie. Dis geen geheim dat ek geen Swiftie is nie en haar musiek word nie op enige van my speellyste gevind nie, maar ek reken haar lirieke gaan oor hartsake. Elke. Liewe. Keer. Punt. Klaar. Wat wil jy leer? En hoekom?

Haar lirieke is ’n legkaart van emosies, metafore en popkultuur-verwysings. Soos byvoorbeeld: “Saw you there and I thought ... look at that face, you look like my next mistake. Love's a game, wanna play?” Klink vir my redelik voor die hand liggend.

Tog word daar aangevoer dat die kursus studente gaan uitdaag om die subliminale boodskappe wat in Swift se lirieke weggesteek is, te identifiseer. Was ons nog heeltyd verkeerd? Kan die herhaalde verwysings na "Shake it off" eintlik ’n gekodeerde boodskap oor aardbewings wees? Is "Bad Blood" ’n geheime verhandeling oor hematologie? As ek so na die musiekvideo kyk, glo ek nie. Google het binne 12 sekondes vir my vertel dat die einste liedjie se konteks baie duidelik is: ’n Gebroke vriendskap tussen twee individue. “Terwyl die lirieke self nie ’n weggesteekte of subliminale boodskap in die tradisionele sin bevat nie, draai die tema van die lied om verraad, seer, en ’n gevoel van onreg deur iemand wat eens naby aan jou was. Die metafoor van ‘slegte bloed’ verteenwoordig die negatiewe emosies en onopgeloste konflikte wat tussen mense kan ontstaan,” spoeg die rekenaar vir my uit.

Ek wonder maar net wat die waarde van so ’n vak is. Wat sal jou nuwe baas dink? Wat gaan jy kan bydra? Maar wie is ek om te sê wat jy moet gaan studeer en watter vakke jy bo ander moet kies. Ek self sit met twee semesters se kennis oor die politiek van negentien-toet wat nog van geen nut in my loopbaan was nie.

Gaan swot maar oor Taylor Swift, dalk sluit dit kaartjies na haar volgende vertoning in. Wie weet?

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!