Die woestynpad bring die lig na Afrika
René Hugo – Ek sê maar net wat ons Bybelklas- onderwyser een maal opgemerk het: “As jy in die lewe op ’n woestynpad gestuur word, wees dankbaar, want daar wag wonderlike geleenthede”.
Hier is sy storie.
Vandat Yakob kan onthou was daar in sy hart altyd ’n soeke na kennis en waarheid. Selfs as kleuter het hy alles ondersoek en probeer verstaan. As skolier het hy gestrewe na meer kennis. En met gemak die geheime van wetenskap, wiskunde en geskiedenis onder die knie gekry.
Maar steeds was daar ’n vae gevoel van onbevrediging – en het hy bly soek om ander velde te bemeester.
In sy tienderjare het hy ’n nuwe wetenskap met ander moontlikhede en ander leermeesters ontdek. Hy het die skoolbanke verruil vir nagte vol van die vreugdes en kennis wat hy deur die liefde verwerf het. Sy leermeesters was Elizabeth, Susarah en Anina.
Later het Yakob ouer vroue verkies. En so het hy vir Ayana, die vrou van Hakim, ontmoet. Hakim was ’n skeepseienaar en die invloedrykste nyweraar in die hoofstad van Ethiopië, Aksum. Weer was sy nagte vol vreugdes – en amper het die Hele Waarheid vir hom duidelik geword. . .
Een nag egter het Hakim se matrose hom in ’n donker stegie vasgekeer. En Yakob het die Ontmande geword.
Vir baie lank het Yakob se lewe vir hom dood gevoel: doelloos en sonder lig. Maar omdat Yakob die mens is wat hy was, het hy ook dié donkerte oorwin.
Geleidelik het die strewe na lewenswaarhede na vore gekom. Hy het weer die vreugde van boeke en nuwe kennis ervaar.
Hy het geleer dat vreemde tale vir hom maklik was om te bemeester: Grieks, Hebreeus en Latyn. Daarmee saam het hy ook insig in die wetenskappe van ekonomie, politiek en godsdiens verkry.
Yakob die Ontmande het, as volwassene, vrede gekry. Hy was ’n gesiene lid van sy gemeenskap. As vertroueling en raadgewer van die Koningin van Ethiopië, was hy een van die belangrikste mense in Aksum. Die Koningin het hom veral gebruik om delikate sake met Ethiopië se buurlande te hanteer. Yakob was dié een van haar raadgewers wat vure kon doodslaan, politieke bande smee en Ethiopië se aansien so laat groei.
In die jaar toe Yakob 50 geword het, is hy gestuur om ’n saak in Jerusalem te besleg. Sy belangstelling in godsdiens het meegebring dat hy dieselfde tyd gebruik het om meer van die Joodse geloof te leer. Die Koningin se opdrag was maklik uitgevoer, en nadat Yakob na die tempel gegaan het om te aanbid, het hy met gerustheid die terugtog aangepak.
Omdat Yakob geleer het dat meeste antwoorde in geskrifte is, het hy die terugtog op die woestynpad na Ethiopië deurgebring met lees. Hy het juis ’n nuwe skywer met die naam Jesaja ontdek. Sy materiaal was vol wysheid – maar ook vol vraagstukke.
Terwyl Yakob so op sy wa sit, het hy hardop uit Jesaja gelees. Skielik het hy bewus geword van iemand wat langs die wa stap.
Die man sê: “My naam is Fillipus, een van Jesus se dissipels. Ek is op hierdie woestynpad, na die suide gestuur. Waaroor wonder jy oor die woorde van Jesaja?”
Yakob antwoord: “Hoe kan ek anders as om te wonder? Ek weet hier is groot waarhede, maar ek verstaan dit nie.”
Fillipus verduidelik: “Hierdie deel van die boek Jesaja is ’n professie van iets wat onlangs in Jerusalem gebeur het. Van Jesus van Nazareth wat deur sy Vader gestuur is om vir ons sonde te sterf, toe opgewek is uit die dode en vir ons die Trooster gestuur het.”
Skielik ervaar Yakob ’n helder lig. Fiillipus het op die wa geklim en alles wat Jesaja voorspel het vir hom verduidelik. Later het hulle by ’n stroompie verbygery en Fillipus het vir Yakob gedoop.
Ná jare se soeke het Yakob uiteindelik Die Waarheid op die woestynpad gevind.
En so het die wonder gebeur dat Yakob, die Ontmande, die poort geword het waardeur Die Woord en Die Lig na Afrika gekom het. . .
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie