Dis die 1%-pogings wat tel
Astrid O’Callaghan – Verlede maand het ek gesukkel om die vonkel in my lewe te vind, maar die afgelope drie weke was gevul met klein, vreugdevolle oomblikke.
Dit was nie groot lewensgebeurtenisse nie, maar ek het ’n doelbewuste poging aangewend om skoonheid in die klein dingetjies te vind.
Een dag ná ’n drafsessie het ek onder reusebome gaan staan met my arms wyd oopgesprei en ek het vry en gelukkig gevoel.
Ek het ’n groot, gekke glimlag op my gesig gehad. (Geen idee wat die koeie in die veld langs my moes gedink het nie).
Hierdie klein vonkies van geluk het my motivering elke dag aangevuur en my begin herinner aan die energie wat ek mis en liefhet.
Ek het begin om meer dinge te doen wat ek voel goed vir my siel is: om in die stad rond te loop en na die mense te luister, die son te geniet, aandete saam met vriendinne in Graftonstraat, middagete in die park, om saam met my kinders in die see te swem en om 'n hele boek in een naweek te lees.
Dié klein aksies het ’n vlam in my aangesteek, my herinner aan die vreugde wat ek nodig gehad het. Dit is dalk nie wat jou innerlike JY wakker maak nie, maar vind uit wat dit is en wees onverskrokke om seker te maak jy doen dit!
Wat my maandelikse vonk betref, het ek ’n nuwe stokperdjie begin: draf.
As jy my ken, sal jy weet ek het net gehardloop wanneer iets my gejaag het. Maar met ’n wonderlike nuwe toep en ’n aanmoedigende afrigter, kan ek nou vir 30 minute aaneen hardloop!
Dit het nie net my selfvertroue ’n hupstoot gegee nie, maar dit het ook my “my-tyd” geword – ’n tyd vir nadenke en natuurskoon.
Gisteraand, tydens ’n vinnige drafsessie, het die afrigter iets diepsinnig gesê: “Dit mag dalk nie die drafsessie wees wat jy wil doen nie. Ander mag vinniger, sterker lyk, maar as jy nie die pas kan volhou wat jy wil nie, handhaaf vandag die pas wat jy kan doen.”
Dit het my diep getref en my aangespoor om ’n bietjie vinniger te hardloop. Hoe waar is dit nie in ons lewens nie?
Ons almal het drome en ambisies, maar dikwels skram ons daarvan weg omdat ons nie by die “perfekte” pas kan begin nie.
Ons vergelyk onsself met ander en raak moedeloos. Maar as jy nie vandag die perfekte pas kan handhaaf nie, is dit oukei – handhaaf die pas wat jy kan. Mettertyd sal jy jou doelwitte bereik.
Ek herinner myself gedurig hieraan. Ek droom groot en het baie ambisies, maar soms word ek bang. Dan onthou ek: doen net wat jy vandag kan doen, hou jou doel voor oë en neem die volgende tree voor jou. En intussen, wees lief vir jouself vir elke tree wat jy neem.
Ek hoop jy vind vandag die moed om te doen wat jy kan, al is dit net om uit die bed uit op te staan. Dit is die klein vonkies, die 1%-pogings, wat opbou. Handhaaf net die pas wat jy vandag kan volhou.
* Astrid is ’n Namibiër wat saam met haar man en twee jong kinders in Waterford, Ierland, woon. Sy is passievol oor vrouebemagtiging en geestesgesondheid. Dié rubriek is deel van haar Be Brave Monthly Glimmer-inisiatief waar sy elke maand haar gedagtes, ervarings en raad per e-pos aan ’n groep aktiewe intekenaars deel.
– Gasskrywer
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie