Dís hoekom die nostalgie jou tref
Nou die dag lees ek Wiesie Kotzé se rubriek oor hoe ’n stoel haar teruggeneem het na haar kinderdae.
Ek het dieselfde ondervinding gehad, maar snaaks genoeg, met sonskerm.
As kind was daar basies net een sonbrandmiddel wat ons destyds hier op die rak kon kry. En natuurlik – soos vandag se kinders nog – het ons ure lank in die water en in die son baljaar, wat beteken het ons ouers het ons oor en oor van kop tot toon met die goed besmeer.
Toe ek onlangs weer sondbrandroom vir my gesig soek, sien ek die bekende handelsmerk en toe ek dit aansmeer, het dit skoon gevoel ek is weer ’n jong kind wat te lekker ure se genot in en langs die swembad het.
Dit het my nogal laat wonder oor hoekom reuke sulke sterk emosies by ons ontlok. ’n Sekere parfuum, seep, sjampoe, kos – noem dit maar op, en iets word ge-trigger.
Is dit nie ongelooflik hoe cool jou brein is om sulke goed te kan doen nie?
Volgens kenners is die wetenskap daaragter dat ons reuksintuig anders bedraad is as die res van ons sintuie. Wanneer jy iets ruik, neem dit nie ’n direkte roete na jou brein se verwerkingsentrums soos sig of gehoor nie. Dit tref eers die reukbol wat aan die onderste punt van jou brein is. Van daar is dit soos ’n kortpad na die emosionele “hoofkantoor”, wat die limbiese stelsel genoem word.
Hierdie limbiese stelsel is die emosionele brein, wat die toutjies na ons herinneringe trek, veral dié wat aan ons gevoelens en ervarings gekoppel is. Wanneer ’n geur deur die reukbol gaan en saam met die amygdala (die emosiesentrum) en die hippokampus (die geheue maestro) uithang, is dit soos ’n “VIP pass” na die area waar herinneringe gemaak en gestoor word.
Die hele reuk-geheue-konnotasie het diep wortels in ons verlede. Blykbaar het ons oeroue voorsate baie op hul reuk staatgemaak om gevare soos roofdiere of kos wat ietwat “af” was, uit te snuffel.
Met die verloop van tyd het hierdie oorlewingstrategie in ons brein gebly en ’n netwerk geskep wat reuke aan herinneringe koppel.
Wat dit alles so interessant maak, is dat wanneer jy ’n reuk met ’n spesifieke ervaring koppel, jou brein se neurale verbindings aan die werk spring. En later, wanneer jy weer daardie selfde reuk ruik, is dit soos om ’n skakelaar aan te skakel – en siedaar, die herinneringe kom skielik weer by jou op.
Eintlik is reuke soos geheue-superhelde. Studies het bewys dat ons geneig is om reuke beter te onthou as ander goed. Dis asof ons brein ’n spesiale liasseerstelsel vir geure het.
Reuke is in wese soos ’n tydmasjien – dit laat ons toe om spesifieke dinge te laat herleef.
So, wanneer jy weer deur ’n golf van nostalgie getref word, is dit waarskynlik jou brein se manier om aan goeie dinge te dink terwyl ons die mooi in die wêreld ervaar en onthou. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie