Dwarsdeur die oujaar tot binne in die nuwe jaar
Hier praat ek nou nie van fuifpartytjies waarmee mense die vorige jaar afgesluit het, of dalk daarvandaan die nuwe jaar binnegegaan het nie.
Ek is meerendeels eerder besig met die gevolge van ’n roekelose bestaan in 2024 wat nou ’n gat in 2025 se kinderskoene wil byt. Sommige mense was gelukkig genoeg om met laasjaar se probleme – groot en klein – in die doodsnikke van die ou jaar te kon klaarspeel, sodat hulle dit nie saam met hulle in die nuwe jaar moes indra nie. En dan is daar die tweede kategorie ouens soos ek wat onder omstandighede maar die “bagasie” moes saamdra die nuwe jaar in, aangesien dit net nie afgehandel kon word nie. Nou dink ek nie hier aan ouers wat vir jong kinders gevaarlike speelgoed vir Kersfees gegee het en toe die kinders gelos het om met daardie speelgoed wette te oortree, waarvan hul bederfde bloedjies nie eens geweet het nie. Nee, daardie is ’n storie vir ’n ander dag. (netnou trap ek op die fyngevoeliges se lang tone.)
Ek verwys eintlik meer na mense wat hulself oor die groot dae ooreet het en nou verlede jaar se kilogramme moet saamdra die nuwe jaar in. Dan is daar ook hierby ingesluit die manne wat die alkoholiese vergeetsappies so woes weggesluk het dat hulle baie siek die nuwe jaar in is. Hierdie spulletjie het seker maar gehoop dat die nuwe jaar meer vergewensgesind gaan wees, ek weet nie – maar ek twyfel sterk.
Veral nie as daardie oordryf en misdrywe vir jou geld gekos het nie. Of as jy dalk al jou geldjies in die oujaar onbesonne bestee het en nou sit jy met die brandmaer beursie en wag vir Januarie se salarisdag. . . Ook ’n probleem wat ’n mens altyd volg – self van maand tot maand. Jy kry ook ander vorme van oordoen wat slegte gevolge het – dié sal ek maar aan elke ou se eie verbeelding oorlaat. Almal blaker mos darem nie alles uit nie.
Baie van ons misdrywe oor die vakansietyd het saam met ons deurgedring na die nuwe jaar om hier vir ons weer eens slapelose nagte te kom gee.
Waarheen ons ook al die afgelope vakansieseisoen gegaan het, het foute en probleme ons getrou gevolg en die rede hiervoor is dat die oorsaak van ons probleme uiteindelik onsself is, want ons het die vryheid van keuse om droog te maak of nie.
Die Amerikaners het ’n aanhaling: “No matter where you go. . . there you are!” Maar niemand van hulle kan presies sê wie dit eerste gesê het nie. – [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Network Media Hub (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie