Ek sê maar net
Charlotte Beukes-muundjua - [email protected]
Bont-van-sin
Nou ja, hierdie soort van stellings kom net uit Erf 212, Eastlynn-rylaan, Krönlein, Keetmanshoop.
Uniek uit die kop en mond van my prof. Hans Beukes - let wel, die professor sonder ‘n enkele papier, net lewenswysheid.
Die oukêrel was wragtig enig in sy soort, sy stellinge erg op die spyker se kop! Bont-van-sin is nog nêrens in ‘n Afrikaanse woorde- of idiomeboek opgeteken. In eenvoudige taal is dit wispelturig en of besluiteloos en spesifiek rondom verhoudings. As tjokkertjie het ek al volle begrip vir dié akkurate stelling gehad. Met die jare het die bont-van-sin-sindroom buitensporig geraak en lyk my muteer, want nou is daar normale benamings soos side chick, loshap, mainkonyn, sugar daddy, sugar mommy, skelmpie.
En dan die openbare erkenning van open relationship-status?
Klink vir my na ‘n padkafee of publieke toilet, ‘n gemaklike deurloop vir enige persoon. Ek het ‘n hele paar broertjies dood aan hoersugtigheid. Die hier-kiep-kiep, daar-kiep-kiep-sindroom gaan my verstand te bowe.
My ouma sou weer verwys na daai lopkop klimmeid of die uit-oog klong en of meideboef.
Ek reken die ouer generasie teken elkeen sy prentjies in sy kop (sekerlik walglik) aangaande hierdie moderne loslyf affêre.
‘n Wye sedelose speelpark sonder reëls. Het jy altemit ‘n meervoudige persoonlikheidsversteuring om so gemaklik rolle te verander? Soveel vraatsug om aan elke bord te wil peusel? Gulsig vreet-vreet en steeds honger bly. Wat noem jy dit?
Wat gebeur in jou kop en binneste met soveel verkeer onder jou belt, onder jou nylon kantstukkie?
Sluit dan nou maar eers die een verhaal af en vat ‘n blaaskans voordat jy ‘n nuwe sopie begin. Maar die deurmekaar spul... hoe hou jy boek? Want sekerlik moet daar ‘n string leuens wees om te verseker jou speelpark boemerang nie.
Wat se affêre is ‘n fling? Gou-gou lek aan iemand se roomys die moment as hy wegkyk? Of toets julle altemit die vlak van jul aptyt en blufvernuf?
Nee wat, my minse, my brein verloor skoon sy voue en raak pannekoekplat. Hoe dit ookal sy, kan ek nie die hele rondomtalie-wieliewalie-spel begryp nie.
Die soort van ding was aanvaarbaar vir mans in die naam van gebore jagterseienskap, maar die dames het die jagaksie heel oorgeneem. Netso! Hulle spring soos ‘n koedoe oop en bloot in ‘n huwelik.
Dis nou deel van dot.com. Die verligte eeu. As jy los vrae het oor die gedoente, lag hulle net en antwoord “kom in die koelte, dis ‘n nuwe era.” Koelte se voet! Dink julle daar is ‘n koelkamer in die hel?
Troue Heiland, geen blik of bloos vir die roesemoes. Lucifer en Jezebel kraai koning tussen duur hotellakens, tjoef-tjaf gedurende etensuur.
Ná werk speel jy ‘n ander rol - die volmaakte lewensmaat. Maar volgende naweek op 'n werktrip is daar weer nuwer avontuur en steeds bly jy soekend. Wat ‘n verslawing!
Vyftig skakerings van str..., miskien nog nie genoeg.
‘n Leemte wat geen status, geld of fisiese aantreklikheid kan bevredig nie. ‘n Diep onseker oor jou menswees, hetsy man of vrou.
Pasop nou! Hoeveel dom motte het verskoei in die kersvlam? Wat aanloklik bleik te wees, kos straks jou einde. Onbevredigende smagting, bodemlose wense. Presies soos die digter se: Repos Ailleurs (die rus is elders).
Die vraag bly hang: ”waar is die eindpunt van elders”?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie