No Image Caption

Ek sê maar liewer niks, dan is daar niks

Audrey van der Westhuizen – Hoe dikwels het ek dit al in die verloop van gesprekke gehoor dat iemand reageer met: “Ek sê maar liewer niks, dan is daar niks.”

Die sinnetjie word soms ingespan waar iemand reageer op jou vraag oor hoe dit gaan. Vanselfsprekend wil die ander persoon dan nie uitbrei oor hoe sleg (of dalk goed?) dit met hom gaan nie, anders wil hy dalk nie die ding wat hom hinder by die naam noem nie. Dit word in ieder geval dan aan jou oorgelaat om te besluit of die konteks van daardie antwoord nou goed of sleg sal wees.

Ander kere lug ’n mens ’n mening oor ’n kwessie en dan kry jy bogemelde antwoord. Dan kan die ou geykte sinnetjie dalk ’n bedekte waarskuwing inhou dat die gesprek wat jy nou wil betree moontlik nie te veilig is om oor uit te wei nie.

So nie deel die persoon met wie jy jou in gesprek bevind dalk jou siening van die situasie, maar voel om watter rede ookal nie geneë om dit verder te bespreek nie, sodat hy sy beskeie mening vir homself kan hou.

Let wel hier gebruik ek die woordjie “beskeie” in die meeste gevalle miskien ’n bietjie te liberaal.

Hoe dit ookal sy, in my persoonlike ondervinding is die half “traak-my-nie-agtige” reaksie in vandag se opskrif, meestal negatief van aard.

Daar is egter ook gevalle waar mense al vir my gesê het “hulle sê niks dan is daar niks”, omdat hulle sowaar nie weet waarvan ek praat nie. Hulle sal dan ook heel moontlik byvoeg dat hulle net mooi niks weet van die aspek onder bespreking nie.

Met daardie toegewing nog warm op die lippe volg hulle op met allerhande vrae soos hulle oor die onderwerp uitvis. Jy kan vir ’n oomblik letterlik aanvoel hoe gretig die persoon is vir ’n sappige brokkie skindernuus.

Dalk sou dit in voorafgemelde geval raadsaam wees om nie té veel uit te brei nie, want as die saak die ander ou geraak het, sou hy mos daarvan geweet het. Min van ons besef dit betyds. Die gevolge kan dalk katastrofies wees, maar dis nie vandag iets waaroor ek veel wil sê nie. Inteendeel.

So gepraat van skindernuus; een ou vriend van my beantwoord die vraag oor sy vroegoggend welstand as volg: “Ek kannie sê dit gaan sleg nie, want dan skinder ek oor myself.” Daardie woorde was nogal stof tot nadenke vir my. Hy kon op daardie oomblik oorgaan tot ’n ellelange relaas oor sy pyne en skete of dalk meer uitbrei oor sy begroting wat nooit meer klop nie. Selfs al sou hy wou uitwei oor sy vrou wat nie meer tyd vir hom gehad het nie, sou ek dit verstaan, maar nogtans het hy verkies om niks van sy lief en leed te kenne te gee nie.

As daar vir my ’n les te leer was uit die wêreldgebeure en tendense van die laaste drie of vier jaar, sou dit wees om minder oor jou persoonlike omstandighede te verklap en eerder te fokus op dit wat jy daaraan kan verander, sonder om té veel daaroor te praat.

’n Mens moet regtig nou begin besef dat nie almal wat jou vra hoe dit gaan, meer regtig in jou wel en weë belangstel nie. Hulle soek veel eerder ammunisie om teen jou te gebruik waar nodig.

Ek klink dalk nou vreeslik bitterbek, maar ek besef maar net dat dit onder alle omstandighede beter is om nie “oor jouself te skinder” nie.

Ten slotte moet ons onthou: stilbly is ook ’n antwoord.

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.31 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.89 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.89 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 545.76/OZ UP +1.34% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.69% | Zinc US$ 2 855.50/T UP 2.5% | Brent Crude Oil US$ 72.15/BBP UP +1.45% | Platinum US$ 967.67/OZ UP +1.44%