Ek sê maar net - As oorsese rampe huis toe roep

Yolanda Nel
Yolanda Nel - Dit was laat Dinsdagaand toe die boodskappe oor die Whatsapp-lyne deurkom. Ek het reeds geslaap. Ek het toe ook al twee oproepe gemis en een vinnige “ek bel jou nou-nou terug”, maar dit het ek toe ook nie gedoen nie. Daai voicenote het ek eers Woensdagoggend geluister. “Op pad Kuba toe ... ,” vertel my sussie. En ek stop eers die boodskap. Lekker uitstappie. Die beste tyd van haar lewe. Ek sit die ketel aan, luister verder na die boodskap. “...as gevolg van die kategorie 4-orkaan wat op pad is.” Hulle is haastig besig om te ontruim, die skip vertrek Woensdagaand.

Die joernalis in my sit die televisie aan terwyl ek Google. Orkaan Beryl, 'n kragtige kategorie 4-storm,

is sedert Dinsdag aan die woed op pad na Jamaika, nadat dit eilande in die suidoostelike Karibiese

See oorgesteek het en waarin minstens ses mense toe reeds dood is.

Daar is jaar na jaar orkane in die omgewing dié tyd van die jaar. Maar as jou sussie opgewonde laat

weet sy is op pad Meksiko toe, dan dink jy nie aan die rampe wat daar plaasvind nie. 'n Orkaanwaarskuwing was van krag vir Jamaika, Grand Cayman, Little Cayman en Cayman Brac.

Volgens die Nasionale Orkaansentrum, het Beryl reeds krag verloor, maar daar word voorspel dat dit

steeds naby groot-orkaansterkte sal wees wanneer dit Vrydag in die Yucatan-skiereiland van Mexiko

sal aankom.

Natuurrampe is vir my interessent. Moeder Aarde laat weet ook wanneer sy genoeg gehad het.

Wanneer ons mense doen wat ons nie moet nie, sonder om twee keer te dink wat die impak op die

omgewing en die aarde het.

En al wat ons kan doen, is bid. Ten minste het sy uitkomkans. Hoe maak jy gereed vir so iets as jy ‘n

inwoner van daardie dorp is? Wat pak jy, wat los jy? En as jy kan vlug, waarna toe kom jy terug? Hoe

begin jy met niks van vooraf? Maar tog gebeur dit. Sien ons dit weekliks in die media. Jy verwyder die

rommel, stuk vir stuk uit dit wat eens op ‘n slag jou huis was, tel stukkies van jou vorige lewe op.

Huil. En doen wat jy moet. Want daar is geen ander opsie nie.

Dan is ek dankbaar ek bly in ‘n land waar sulke rampe nie plaasvind nie. Waar die aarde nie skuif nie

en see se golwe nie sulke verwoesting saai nie.

Sesuur Woensdagoggend bel ek Meksiko toe. Sussie is nog wakker. Dis 11-uur in die aand. Sy is

besig om te pak. “Ja man, ‘n lekker week vakansie in Kuba en dan kom ons terug.” Silwerlyntjie-mens

daai sussie van my.

“Dan is ek weer uit op die see,” sê sy opgewonde, maar ek hoor wel ‘n klein bietjie kommer in haar stem. Iewers tussen nou en vier jaar gelede het sy in ‘n matroos verander. Lief vir die see. Die oop. Sonder niks. Net die wêreld se mooi.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!