(Ek sê maar net) Dagdromer kry swaar
Thusnelda Gamibes - Dagdromer kry swaar - [email protected]
’n Droom is maar een van die verskynsels wat ’n baie belangrike rol speel in ’n mens
se lewe. Dis te danke aan die drome oor al my lewensjare heen dat ek die wêreld kon verken en oraloor reis. Op dieselfde wyse het al agt keer motorkarre gekoop, sowat nege huise besit en so ook op sewe plase geboer. Behalwe dat my drome vir ander mense dalk vreeslik vergesog mag klink, hou dit darem die hoop in my hart wakker.
Die ouens met wilde dag- en nagdrome is meestal maar die van ons wat ‘n redelike sukkelbestaan voer. Daarom troos ons maar vir ons met sulke mooi drome.
In drome was al ek vele nagte skatryk, sodat ek kon sê dat geld glad geen probleem vir my is nie. Ja-nee, daar in droomland het geld soos water gevloei. Ek was menigte kere op reis tussen wêreldlande en eilande aan boord luukse vliegtuie en stralers. ‘n Keer of wat was ek kruis en dwars oor die Atlantiese en Indiese Oseane met ’n seiljag of reuse-passasiersboot.
Moenie dat ek vergeet om te noem dat ek amper al die Olimpiese Speles en verskeie marathons as toeskouer besoek het nie,
Die lewe kan soms baie lekker wees wanneer jy nie aan die slegte daarvan beland nie, want jy mag dalk raakgebyt word. Die politici sê dat mense verontreg word en pas regstellende aksie toe, terwyl die gegoede man op straat sê dat jy te swak geword het om aan eise van die lewe te voldoen wanneer jy alles verloor het waarvoor jy en ek ons asse afgewerk het.
Onder die brug en in die Windhoekse parke het ek vriende ontmoet wat ’n kosbare storie vir my vertel het. ’n Vrou met wie ek gesels het, het trane in haar sy oë gekry toe sy my haar storie vertel het. Haar grootste droom was dat sy eendag in Auas View gaan bly met haar enigste seun wat sy het. Nou het sy onder die brug beland, maar het steeds met daardie mooi glimlag op haar gesig nie ophou droom nie.
Ek vertel haar dat ek in my volgende lewe ’n baie ryk vrou en bekende sakevrou wil wees. Toe ek wakker skrik het ek besef dat die werklikheid wreder as drome is. Ek het onmiddellik besef dat ek werk toe moet gaan, die werklikheid in sy oë te kyk en die lewe moet lewe en dat ek net op my eie twee bene kon staan.
Let wel: Ek is ook glad nie geïnteresseerd om uit die vind wat my drome beteken nie, solank ek net ‘n toevlugting op my swaarkry-dae kan kry om te geniet. Dit is ook waar wat die wyse mense sê - om te droom is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie