charlotte
charlotte

Ek sê maar net: Hierie kant toe, daarie kant toe

Charlotte Beukes-Muundjua - [email protected]

Hierie kant toe, daarie kant toe

Ek glo almal was een of ander tyd ( of steeds) in ‘n verhouding waar aand- en môrestories glad nie klop.

Hierie kant toe, daarie kant toe.

Hetsy vriendskap, romanties, huwelik of besigheid – verhoudingsbeginsels bly dieselfde.

Dis menslik om jou deursettingsvermoë te toets afhangend hoeveel positiewe faktore swaarder weeg.

Niemand hou van mislukkings nie, niemand geniet die proses van oorbegin nie.

Dis tragies om te sien dat jong mense ten gronde gaan as gevolg van ‘ṅ verkeerde maat. Dit lei in baie

gevalle tot alkohol- en dwelmverslawing en selfs selfmoord.

So ook die jong span wat met sy jarelange skoolmaat in besigheid gaan, net om op ‘ṅ dag deure toe te maak

omdat een party nie sy kant gebring het nie of slinkse transaksies onder die tafel gedoen het – ‘ṅ kits rykwordvraat.

Dan kry jy die taai toffee - getroude lewe waar kinders betrokke is. Jy hoor die skoppelmaai van wanbalans kerm. Jy olie, probeer weer en vir ‘ṅ tydjie loop dit goed, totdat dieselfde foute en eiewaan herhaal word, soms op ‘n erger vlak. En die ouer gardes sal sê “dra jou kruis, my kind.”

Op ‘ṅ ligte noot onthou ek ‘ṅ stelling wat ek as onsensitief beskou het - Jy is nie ‘n boom nie, beweeg aan!

Hoe vinnig raak jou lewe ‘ṅ ruitveër van werktoe, huistoe... ter wille van die kinders en die finansiële verbintenis.

Dis ‘n gespartel maand na maand, jaar na jaar. Trane en lag se skaal raak kommerwekkend uit balans. Geestes- en fisiese gesondheid nog meer in wanbalans.

Ons sien die moderne troues wat uit die boeke is en skaars na drie jaar raak die sprokie ‘ṅ riller. So hardloop die jare, kinders word groot in ‘ṅ kreupel huislewe want wie wil nou opbreek? Ons vergeet dat die roesemoes situasie meer skade berokken as wat ouers deel en pligte as ouers

voortsit, elkeen onder sy eie dak.

Dan wonder ek sou verhoudings met ‘n checklist kom, sou ons effektief die kreeftesgang monitor?

Sou ons daadwerklik aksie neem en hoop op verbetering soos in Sub A (graad 1) . Jou werk was gemerk,

jy moes verbetering doen op die verkeerde goed om sodoende te groei na die volgende graad. Sou ons ‘n ingeboude alarm gehad het wat afgaan sodra die push and pull uit verband raak, reken ek die

terminasieproses van ‘n verrotte verhouding was verkort. Sou ons betyds kinders verplant na gesonder

Grond? Maar geen alarms - net beterwete, intuïsie, waardes as grondslag in enige verhouding.

Die jongspan wat nog op die lekker vry-lorrie is, geniet die sprokieswoud, dis ook deel van emosionele groei. Wees net waaksaam. As jou maat se stomstreke jou nou al grief, weet net dit sal nie weggaan. Dit maak nie die ander party ‘ṅ swak of slegte persoon nie, julle is dalk net ‘n mismatch of

bedoel om net goeie pelle te wees.

Kyk na jul verhouding verby soet woordjies, geskenkies en partytjies. Vra die vraag: is ons konneksie opbouend? Ondersteun ons mekaar se aspirasies? Leer ons nuwe dinge aan ten verryking van mekaar? Sodra die gaping in karakter en waardes te groot is, is die rooi vlag aan’ t wapper.

Op hierdie rype 60 is my raad: sussie/pappie, kry jou soetkys gereed en parkeer dit naby die agterdeur (figuurlik gesproke). As die hierie kant toe, daarie kant toe-sepie die dag ten einde loop, moet jy fisies en emosioneel gereed

wees om koers te kry. As ek sê hou jou stewelveters sterk, bedoel ek wees gereed vir die groot vertrek, die pynlike vertrek van bekende na vreemde grond.

Ek hoop met hierdie skrywe sal baie hersiening doen op hulle verhoudings. Nugter dink, houtbrille

afhaal en die werklikheid in gesig staar om jou padkaart vorentoe beplan. Andersins is jy lewenslank in ‘ṅ koma van bestaan uit vrye wil, ‘ṅ doodloopstraat. ‘n Eens liefdeslied kan ‘n treurmare word, maar net jy kan die teistering kortknip. Die padkaart is in jou hande. Daarie kant toe...

Kommentaar

Republikein 2025-01-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 33° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 22° | 37° Oshakati: 26° | 37° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 21° | 34° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 33° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 21° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 24° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 17° | 28° Mbabane: 16° | 18° Maseru: 16° | 27° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 21° | 23° Windhoek: 22° | 33° Cape Town: 17° | 27° Durban: 21° | 22° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 20° | 29° #REF! #REF!