Gene Travers
Gene Travers

Ek sê maar net - ‘n Moeilike takie dié!

Mandy Rittmann
Gene Travers

DIT gebeur dikwels dat mense my vra om as beoordelaar by die een of ander kompetisie op te tree en my antwoord is gewoonlik 'n besliste 'nee'.

Maar nou onlangs praat 'n mooi vrou my om om as beoordelaar by 'n kunskompetisie vir kinders op te tree.

Die beoordeling het nog skaars begin, toe wou ek vinnig om 'n paal hardloop en myself onder die sitvlak skop, sou ek myself kon inhaal. En ek het hoog en laag gesweer dat ek myself nooit weer in so 'n situasie sou laat beland nie.

Ek is nou maar net eenmaal 'n persoon wat nie ander mense, en veral hul talente, kan beoordeel nie.

Om mense se kunswerke, hoe oud die kunstenaars ook al mag wees, te beoordeel, is een van die moeilikste dinge ter wêreld, glo ek. Wat vir een mens na kuns mag lyk, kan vir 'n ander man na snert lyk. En wat vir een man na snert lyk, kan vir 'n ander man na kuns lyk.

Om kuns te beoordeel, moet jy eintlik weet hoe die kunstenaar gevoel het die oomblik toe hy die kwas teen die doek gedruk het. Ek wil en sal myself nooit weer daarvoor inlaat om een jong kunstenaartjie se kuns teen 'n ander se werk op te weeg nie.

Verlede week kom praat Carol Kotze my wragtie weer om om as beoordelaar by die Country-musiekkonsert in Windhoek op te tree en daar sit ek weer!

Sou dit van my alleen afhang, het ek al 19 deelnemers laat eerste kom. En op die ou end sit ek met musiekkunstenaars soos Wimpie Duvenhage, André Havenga, Leon Jacobs, Daantjie Louw, Laurie Raaths, Esmé Tolken, Nico Wentzel, Desmond Breedt en Alwyn Smith -- maar net een van hulle mag eerste kom!

Nou weet ek ook hoe voel beoordelaars by skaapbraai- en potjiekoskompetisies. Om van beoordelaars by skoonheidskompetisies nie eens te praat nie.

Dit is ook maar 'n goeie ding dat daar meer as een beoordelaar by sulke kompetisies optree, want ek glo dat as daar net een was, hy halfpad deur die verrigtinge selfmoord sou gepleeg het.

Ek is nou bang om selfs oor die weer te besluit. Ek wil nie waag om te sê of dit warm of koud is nie, want ek kan dalk net verkeerd wees.

Dit is natuurlik nodeloos om te sê dat ek nooit weer gaan inwillig om as beoordelaar by kompetisies op te tree nie, al is die stemmetjie wat my vra hoe mooi.

'n Mens kan darem met 'n oop gemoed die organiseerders van die Country-byeenkoms volpunte gee vir hul poging - en ek praat spesifiek van Carol Kotze, Yvonne en Johnnie Wild en die Country Jam Band.

Nou weet ek ook nie wie die beoordelaars gaan wees om te besluit wie in die sop is oor die toestand van die polisiebarakke in Windhoek nie. Dis nou nadat 'n berig met foto's in gister se uitgawe van die Republikein verskyn het oor die walglike omstandighede waaronder polisiemanne daar leef.

Dit smaak my daar is 'n groot geskarrel in die duiwehok soos gesoek word vir beoordelaars, maar niemand wil inwillig vir dié taak nie.

Miskien kan die minister van binnelandse sake die doek om sy oë afhaal, dit om sy neus en mond bind en self gaan oordeel. Neem tog net vir u eie onthalwe 'n emmer saam, u Eksellensie. U gaan dit nodig kry! - 6 Julie 1994

Kommentaar

Republikein 2024-07-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: DHL Western Province 25 vs 30 Vodacom Blue Bulls | Toyota Cheetahs XV 82 vs 20 NovaVit Griffons | Cell C Sharks XV 25 vs 26 Fidelity ADT Lions | Suzuki Griquas 24 vs 44 Airlink Pumas Rugby World Cup U20: Australia U20 12 vs 17 Italy U20 | South Africa U20 12 vs 31 Argentina U20 | England U20 48 vs 11 Fiji U20 | France U20 26 vs 27 New Zealand U20 | Wales U20 31 vs 10 Spain U20 | Ireland U20 22 vs 16 Georgia U20 F1: Great Britain GP First:Lewis Hamilton Mercedes 01:22:27 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:01.465 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:07.547 #N/A Currency: GBP to NAD 23.23 | EUR to NAD 19.68 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.32 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.16 | USD to AOA 871.26 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 48 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1515.35 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 24.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1791.53 Down -0.7% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13367.73 Up +0.54% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28364.79 Up +0.72% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9380.4 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.62/OZ UP +1.48% | Copper US$ 4.67/lb UP +2.36% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 87.46/BBP DOWN -0.0079 | Platinum US$ 1 027.76/OZ UP +2.82% #N/A