Ek sê maar net - Optelgoed weggooigoed
Wilma Wolmarans - Optelgoed weggooigoed
Dink mos toe die naweek gedurig aan weggooigoed en die verskillende spesies mense.
Die weggooigoed is nou daardie dinge - sakelui en entrepreneurs sal saamstem - wat dié in-ding in ons tyd is. Weggooi-babadoeke, weggooi-kontaklense, weggooi-flitse, weggooi-skeermesse, weggooi-naelvyle, weggooi-sakdoeke, weggooi-kameras, weggooi-telefoonkaarte, weggooi-borde en weggooi-horlosies, om maar ‘n paar te noem. Vir dié wat dit kan bekostig, is die sukkeldae verby van babadoeke wat in emmers week om weer wit te word. Van skeermesse wat uitmekaar gedraai word om die stomp lemmetjie te vervang met ‘n skerp een wat so netjies in ‘n papiertjie toegedraai was. Van ‘n wasdag met ‘n handvol sakdoeke in ‘n emmertjie soutwater om die glibberige situasie so ‘n bietjie te probeer omseil. Van lang trane wat gestort word oor ‘n kontaklens wat via die afvoerpyp in die Windhoekse rioolstelsel beland het.
Die ander deel van die naweek-dink, die ver dink wat maar net nie altyd met woorde geformuleer wil word nie, het opgelewer hiper-doeltreffende weggooimense, hiper-opportunistiese gebruikers, hiper-irriterende notulehouers en hiper-stom toeskouers.
Dis nou die mensdom - ‘n hedendaagse klassifikasie in vier spesies.
In teenstelling met die hedendaagse weggooi-artikel, wat gebruik word totdat dit kapot is en dan op die ashoop beland sonder dat enigiemand weer twee keer daarna sal kyk, onderskei die weggooimens hom daarin dat daar altyd weer iemand sal verbykom wat sal kans sien om hom nog ‘n keer te probeer benut. Nog ‘n bietjie uit hom te wurg. Nog ‘n paar myl uit die arme gek te kry. Hiper-doeltreffend... Net dit waarop die verbruiker-spesie voltyds bedag is - ‘n kans op ‘n paar gratis myle wat hulle nie kan laat verbygaan nie.
Dan die notulehouers. Dis nou dié wat ‘n telefoonrekening moet hê wat die getalletjies op die land se begroting na kleingeld moet laat lyk. Dink hulle vervul hul plig en lag selfvoldaan in hul moue met al hul “het jy gehoor...” Intussen word hulle maar net so lekker gebruik om die verbruiker se ego te streel.
En die stommes in huk kokonne. Waar hulle luister, maar nie hoor nie; kyk, maar nie sien nie. Waar hulle stomdom nie weet nie en dus nie ‘n hand kan uitsteek om te help of ‘n woord kan spreek om te troos nie.
Miskien is hulle daar vir ‘n bietjie balans. Of dalk het mutasie ingetree. Weggooi-goed wat besluit het dis beter om net, soos die Pink Floyd-liedjie sê, ‘comfortably numb’ te wees. - 9 Augustus 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie