Chris Jacobie
Chris Jacobie

Ek sê maar net

Mandy Rittmann
Chris Jacobie

Mooiste mooi sonder prys

Hulle het eenkant gesit en speel. Die een is ma en die ander die kind. Daar was besorgdheid toe die een wat die ma is haar kind nader roep om te hoor of sy 'n koekie wil hê. Die ander een het op die beleefste wyse moontlike asseblief gevra en ma het die plank met die modderkoek nader gestoot en die kind het haar lippe geklap soos wat sy die modder oor haar skouer gooi en kastig die koekie opeet. Dié besorgdheid en beleefdheid was nie deel van die speletjie nie. Dit was deel van onskuld. Dit was nie geforseer nie, maar eg. Op Estoire se plotte by Bloemfontein het hulle voor die stroois gesit en die twee potte, die een met pap en die ander met marog, tussen die vlamme deur gaar probeer staar.

Die kleinste van die bende spruitlopers - speelmaats wat middae spandeer het om wippe te stel en duifeiers uit te haal - het sy hand na die warm deksel uitgesteek en gebrand.

'n Vinger van die laaste botter wat in 'n stukkie waspapier bewaar was, is aangesmeer en die vrou wat die opstal aan die kant gemaak het se hande was soos die hande van ‘n moeder wat traanstrepe oor sy wange dwars getrek het.

Eers was daar geraas en toe getroos tot die kleintjie van die baas van die plaas teen haar boesem wou vaak word en die res van die kinders is huis toe gejaag omdat dit donker word en daar nie genoeg paraffien in die blik is om laatnag na Piet se stories te luister van toe hy 'n jong tsotsi, hartebreker en messteker van Bloemfontein

se statsie-omgewing was nie. Die naweek moes die takke van 'n Silwereik waai, want die heuning drup al amper in die swembad. Die vakman kom glimlaggend aangestap en verwag sy loon vir 'n boom wat op en van die takke met 'n boskaas van blare spog wat die hele boom byna skeeftrek.

"Daardie takke kan mos nie so gelos word nie. Het die saag se lem gebreek, of is jy lui?" word die glimlag van die tuinhulp se gesig gevee. "Daardie is die huis van die duif. Daar is twee in die nes onder die blare wat ek moet afsaag," word verontwaardig, beleefd en seergemaak verduidelik. Die takboskaas moet bly, maar nou word elke oggend, middag en aand seker gemaak dat die duif nie getrek het nie, omdat die woning nie meer is wat hy was toe die duifpaar besluit het om hul gesin in die Silwereik groot te maak nie. Dit is daar waar die twee kleintjies ma en kind gespeel het en waar besorgdheid die gejaag vir ‘n wyle tot stilstand geruk het. Wat het van die eenvoudige mooi van hierdie lewe geword?

Is dit so skaars? - 6 Oktober 1994

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!