Aldo
Aldo

Ek sê maar net - Groot kar veilig

Mandy Rittmann
Aldo Horn

Groot kar veilig

Almal weet groot karre is baie veiliger as klein karre.

Wanneer ek praat van groot karre, bedoel ek nie bakkies wat kan gebruik word om ’n sitkamerbank op te tel, of die yskas te skuif nie. Ek praat van gróót karre. Die soort waar die bonnet tot amper by my skouer kom - die skouer van ’n 1,82 meter persoon. Die soort wat elke artikel en advertensie belowe die veiligste kar op die mark is.

Die soort wat mý gesin sal beskerm in ’n ongeluk, wanneer ek nie die graad tweetjie oor die pad sien hardloop nie, omdat die bonnet hoër as sy kop is. Gelukkig het ek hierdie groot kar gehad, anders kon dié 25 kg seuntjie groot skade aan my gesin, of nog erger, my kar gerig het. Maar net só (verbeel jou jy hoor my vingers klap) is daardie gevaar geneutraliseer, want groot kar veilig.

Selfs as dit ’n ander kar is, hoef ek nie te bekommer nie. Ons weet dat in die geval waar ’n kar en ’n motorfiets in ’n ongeluk beland, is dit baie veiliger vir die kar. Dít is hoekom ek ’n groot kar het, sodat as ek in ’n ongeluk is, maak my kar van al die ander karre sommer motorfietse. Al wat dit my gaan kos, is die beter deel van ’n miljoen Namibiese dollar, maar dis oukei.

Wanneer ek die ander kar sien opvou en die bestuurder verdwyn onder die skrootystergraf in die ongeluk, sal dit alles die moeite werd wees, want mý gesin is orraait - ek was dié keer wel alleen in die kar, want my vrou het die naweek die kinders. Maar wanneer hulle volgende Saterdag by my is (hulle moet, die hof het so gesê), sal hulle niks oorkom nie, want groot kar is veilig.

My enigste bekommernis is natuurlik dat ander mense ook hierdie foutlose strategie sal raaksien. Wat as hulle ook besef 'n groot kar is veilig en ’n groter kar as ek koop? Ek kan myself dit nie eers indink nie - ek gaan dan die een in die klein karretjie wees! O gits, dis te gevaarlik om só tussen al hierdie groot karre te ry; ek sal dan ’n kar koop wat selfs nog groter is.

Julle sal dit nie glo nie! Nadat ek ’n groter kar gekoop het as die mense om my, het hulle ook besluit om ’n groter kar te koop (dit maak sin, want groot kar veilig). Nou moet ek weer my kar vergroot. Die paaie raak te klein vir die groot karre, daar is geen parkering waarin my kar kan pas nie, en die leer wat ek gebruik om by my kar in te klim is nie meer lank genoeg nie.

Maar ek het ’n plan: Om seker te maak dat my gesin veilig is, het ek ’n Panzer VIII Maus in die hande gekry. Met hierdie Tweede Wêreldoorlog-tenk sal niks in my pad kan staan nie - ek ry direk bo–oor die karre wat my gesin in gevaar probeer stel, kinders hardloop en gil soos wat ek deur die skoolhek jaag sodat my kinders nie vêr hoef te stap nie (wie weet hoe gevaarlik dit deesdae in die strate is met al hierdie groot karre).

Polisiesirenes skree agter my, maar hulle karretjies is te klein om enigiets aan my te doen - ek lag want hulle weet nie van groot kar veilig nie. Die weermag word ingeroep, maar hulle tenks staan nie ’n kans teen myne nie.

Ek kan skaars glo hoe erg dinge deesdae op die pad is - darem sal ek niks oorkom in my kar nie.

Want natuurlik: groot kar veilig... behalwe as jy nie die een in die groot kar is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...