gert
gert

Ek sê maar net

Mandy Rittmann
Gert Kruger

Dié grond 'duur' betaal

Die "in"-woord deesdae is blykbaar 'grond'.

Skakel jy die televisie aan, is dit grond. Koop jy 'n koerant, is dit grond. Praat jy met iemand, is dit grond. En, dit is blykbaar nie net in Namibië nie, maar 'n wêreldwye verskynsel. Almal wil grond hê - makie sakie waar of vanwaar of hoe nie.

In Namibië, en blykbaar ook in die "nuwe" Suid-Afrika, praat almal van grond wat aan die "disadvantaged people" gegee moet word. Of volgens die "struggle"- retoriek - die "dispossessed".

Met al die woorde en sinsnedes en retoriek vind ek geen fout nie. Dit staan my eintlik nie veel aan nie.

Wat my wel bekommer, is wie is dié mense eintlik? Wat is die definisie van sulke mense? Nêrens het ek nog so 'n definisie of omskrywing gesien nie.

Nou het ek gewonder: val ek nie dalk ook in die kategorie nie? Want sien, resorteer ek ook onder dié kategorie, wil ek darem ook iewers vir my 'n plasie uitsoek. 'n Plekkie waar ek 'n melkbok, 'n parkiet (is dit nou 'n Suidwes-parkiet of 'n Namibiese parkiet?) en straks 'n ryperd kan aanhou

Ek meen ek het mos darem al van kleintyd af op 'n paar plekke groot stukke aarde gekoop. Tel ek die morge grond bymekaar, kan ek aan die einde van die dag dalk met 'n yslike plaas in my skoot sit.

Op Potchefstroom het ek met ‘n Kawa 'n duisend myl-kleim op ‘n pragtige stukkie aarde langs die Mooirivier afgesteek. Net die regte plek vir ‘n groenteplasie met volop water en sommer naby die groentemark ook.

Dan praat ek nie eens van die skaapplaas op Kalkrand nie. Net om te wys dat ek dié grond dubbeld en dwars betaal het, het ek seker so 'n vyftig maal dié stof geproe. Die kwaaiste onderhandelinge was natuurlik dié dag toe 'n Datsun-bakkie my lelik in die stof laat byt het. Nerfaf en dronk in die kop soos 'n hoender wat die laaste bietjie oorskiet-Vaaljapie op die ashoop raakgeloop het. Dan was daar nog die dominee se seun se fiets, die glybaan (wat besliste letsels gelaat het tydens die verkoopsontmoeting) en die ou wit donkie wat steeks was tydens die transaksie, maar tog gesorg het dat almal kon sien waar my lappie grond geleë is. Almal kan dus sien dat ek werklik deur diep waters is om êrens ietsie van planeet aarde te bekom.

Ek het weliswaar nie in kontant betaal nie, maar wel met bloed en sweet en swets. Teen die prys van tyd en bloed vandag, reken ek dat die grond deur en deur betaal is.

My grootste nalatigheid was egter dat ek nie transport en kaart van die grond het nie. Nou weet ek nie of die minister my woord sal aanvaar nie, want getuies het ek nie meer nie.

Die Kawa se baas is êrens in die "nuwe" Suid-Afrika - dalk net soos ek ook besig om sy stukkies aarde by mnr. Mandela af te smeek, die dominee se seun weet ek geen woord van nie en die ou wit donkie het jare terug reeds sy laaste asem uitgeblaas. Al hoop wat ek nou het, is dat die minister my sal glo. Miskien moet ek aan hom demonstreer hoe ons in daai tyd grond gekoop het. Dalk sal hy waardering hê en my nog op die koop toe grond persent gee vir uitbreidings.

Dit was harde koop, maar lekker koop. - 4 Oktober 1994

Kommentaar

Republikein 2024-10-06

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Everton 0 vs 0 Newcastle | West Ham 4 vs 1 Ipswich Town | Manchester City 3 vs 2 Fulham | Leicester City 1 vs 0 Bournemouth | Brentford 5 vs 3 Wolves | Arsenal 3 vs 1 Southampton | Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Real Madrid 2 vs 0 Villarreal | Real Valladolid 1 vs 2 Rayo Vallecano | Las Palmas 0 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Osasuna | Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Inter Milan 3 vs 2 Torino | Atalanta 5 vs 1 Genoa | Udinese 1 vs 0 Lecce | Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Millwall FC | Watford 2 vs 1 Middlesbrough | Swansea City 0 vs 0 Stoke City | Sheffield United 2 vs 0 Luton Town | Plymouth Argyle 2 vs 1 Blackburn Rovers | Derby County 2 vs 0 Queens Park Rangers | Coventry City 1 vs 2 Sheffield Wednesday | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Sunderland 2 vs 2 Leeds United Loading... Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 Loading...