Ek sê maar net
Theresa van Zyl - [email protected]
Oktober-tapyt van beloftes
Die mooiste, mooiste maand is hier! Oktober pryk alreeds trots met Jakarandabome vol-pers in die blom. Hier en daar het al selfs ‘n paar druppels geval en dis net asof die atmosfeer, die hemel en die wind vol beloftes is. Beloftes van se?n en vervulling - beloftes vir jou en vir my.
Hoe voel jý oor beloftes? Laat dit jou in huiwering terugdeins, of krap dit jou oombliklik om? Dalk laat spring dit skeptisisme in jou uit of jy weet eenvoudig nie wat om daarmee te maak nie . . . Moenie alleen voel nie – daar is nog baie ander wat
ook met hierdie mengelmoes van gevoelens rondom beloftes rondloop. . . Dit gebeur wanneer jy iewers in die verlede seergekry het deur beloftes. Dalk is daar iewers ‘n belofte gemaak wat jou met opwinding en afwagting gevul het – maar niks het daarvan gekom nie. Die belofte was leeg, is oorhaastig gemaak, of is net nie nagekom nie – onnadenkend oor die gevolge daarvan, die diep impak wat dit op jou vertroue, jou lewensiening en jou verwagtinge sou maak.
En nou? Nou mis jy uit op die wonder en rykdom van beloftes. Beloftes is geanker in die hoop wat dit gee. En hoop is ‘n leer van vertroue wat mens een tree op ‘n slag klim – ho?r en ho?r om by jou mooiste en edelste self uit te kom. Hoop gee aan jou verwagting vir die toekoms, want hoop fluister ‘n belofte in die oor van jou hart. ‘n Belofte wat jou moed gee om aan te hou, ‘n belofte wat reguit tot jou hart spreek, en jou gemoed se o? op die toekoms rig.
Wil jy weet wat hierdie belofte is? Dis net een sinnetjie wat bestaan uit vier eenvoudige woorde. Vier woorde wat ‘n verskil maak in die oomblik. Die oomblik wat soms kan voel soos ‘n huis sonder vensters. Hierdie woorde bou vensters vir jou siel
om te kan uitkyk en uit te strek na dít wat voorlê wanneer hierdie oomblik, hierdie seisoen in jou lewe verby is. En nou gee ek hierdie vier woorde aan jou om met jou saam te dra waar jy ook al gaan, te koester in jou hart en in jou gedagtes:
“This too shall pass.” Onthou dit, sê dit vir jouself soveel keer as wat nodig is. Niemand gaan dit weet nie, net jy en jou hart en jou lewe. Dis ‘n begin, ‘n begin vir jou om weer te glo in beloftes. Dis ‘n belofte wat gebore is saam met tyd sélf en dit
word altyd waar, in alles, vir elkeen. Altyd. En weet jy wat? Vir elke belofte-gekweste het dit tyd geword om hierdie seer verby te laat gaan. Laat dit gaan en gryp die Belofte-maker aan. Hy is nie ‘n mens dat Hy sal jok nie en Hy stel nooit teleur nie. Sy Liefdesbrief is deurdrenk van honderde beloftes vir jou en vir my en ons kan elkeen van hulle glo.
Maar – maak nie saak hoeveel beloftes daar vir jou en vir my neergepen is in die Bybel nie. Alles baat niks as ons nie glo nie. En ons Vader se Woord en Beloftes moenie net gehoor word nie, maar aanvaar en geneem word in die geloof. Beloftes
en geloof gaan saam – soos sand, sement en water. Daar is groot potensiaal in die sement en sand / beloftes, maar dit moet met die water van geloof gemeng word.
Geloof, met ander woorde, is eenvoudig net ‘n keuse om te glo in God se beloftes!
En elkeen van daardie beloftes gee hoop en lewe, oorvloed en vrede. Kom ons glo dit, vat dit en begin waarlik te léwe na siel, liggaam en gees! Strooi ‘n Oktober-tapyt van teergroen en poeierpers, hemelblou en sonskyngeel voor jou uit en loop op die spoor van beloftes om dit te ontdek, te versamel en jou eie te maak soos ‘n dou-deurdrenkte kosmostuin. - Gasskrywer

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie