Elke fees het ’n prys
Sê maar net 30 jaar gelede
Michael vertel my van die kinders wat op die kooi gestoei het en toe oor die Paashase en -eiers gerol het.
Wat ’n skade! Sommer ’n nes vol. ’n Smês.
Juis hierdie Pase het aan my uitgewys dat die georganiseerde handel nie speel nie. Die Blye Tyding word met so ’n reklameveldtog deur die sakewêreld voorafgegaan dat ’n ou sou sweer dat dit swaar op die Christen-gewete gaan rus, sou jy nie ’n verorberbare dooie ding soos ’n sjokolade-haas of -eier koop nie.
Juis die haasgedoente gee my toe hond se gedagte. Dis weer ’n foefie soos wat foefies om geleenthede en geleentheidsdae opgebou word.
Die prys van die sjokolade-haas is so dat ’n man haas op die hoef kan koop en sommer ’n week se geelwortels op die koop toe kan kry terwyl jy nog gemaklik binne die vergelykbare prysstruktuur kan krink. ’n Haas op die hoef is ook lewe en besigheid. Jy hoef net een haas te koop.
Sy maat sal hy self kry soos ek hase ken. En hulle sal vermeerder soos die sand aan die see.
Vir die volgende Paasnaweek het jy dan sommer ’n klomp hase. Pure verniet.
Wat my by my voorspelling bring: Soos dit nou aangaan, gaan Paasfees nog in die handel Klein Krismis word voordat ek doodgaan. Die Paasbesigheid gaan ver buite die sakewêreld van die bakkertjie op die hoek met sy kruisbroodjies uitkring.
Ander naweke gaan ook oorneem.
Net hier oorkant die bult lê nog een met Werkersdag op die Vrydag en Cassingadag op die Maandag. Moet hierdie DIY-boffins nie met Werkersdag inklim met ’n aanbod van spanners en grawe en pikke vir die werkers nie? En Cassingadag? Sal ek iemand nou ’n AK 47 as gedenksteen aanbied?
Want kyk hoe het die dae gekom en gegaan. Krismis en Nuwejaar was nog besig om te bedaar toe kom slaan Valentynsdag met sy stuitigheid uit. Die enigste Vaaltuin wat ek op my dag geken het, was die donkietjie wat my skoolkarretjie getrek het.
Kyk hom uit, my ding, want die skoolklok lui al daar ver!
Toe is dit hase en eiers en nou lê Moedersdag net om die draai met Vadersdag as so ’n salwende nadraai vir die “paymaster” van die sports.
En dan is daar nog die jagseisoen waarin die blinkvet koedoes en gemsbokke voëlvry verklaar gaan word. En die galjoenmaande wat die winter bring.
“Pa, dis Vadersdag. Wat wil pa hê?”
“Wel, ’n vleismes of ’n vleisbyl – van daai dures wat nie roes nie. Of ’n ligte katrol en ’n ligter visstok. Pa se skouers kan dit nie meer hou nie.”
“Nou maar gaaf. Gee die geld en ek gaan koop dit vir pa. . .”
Ja, mooi gedagtes ken geen prys nie. – 23 April 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie