Gene Travers
Gene Travers

En êrens ’n sprankie lig

Ek sê maar net 30 jaar gelede
Mandy Rittmann
Gene Travers – Die voormalige vermaarde koerantman en bekende skrywer van Amerika Stuart Woods skryf in sy boek Under The Lake dat hy in ’n stadium ’n pos as verteenwoordiger van sy koerant in Nairobi aangebied is.

Sy antwoord was, en ek haal hom woordeliks aan: “Are you kidding? Do you know what Nairobi means? It isn’t just the Serengeti Plain and the game parks, you know. You cover the whole continent. It’s Africa. The asshole of the planet. It’s flying to hell and back on poorly maintained, forty-year-old C-47s by half-trained African pilots; getting hassled by the police in South Africa; interviewing insane master sergeants who are suddenly running countries: having to look at the swollen bellies and pitiful eyes of starving kids; bribing custom officials in backwood airports; having beggars hanging all over you every time you walk down a street; and finally, getting a bullet in the back of the head from some jungle corporal with a superiority complex and not enough reading skills to understand your press credentials.

Thank, but no thanks.”

Die boek is die eerste keer in 1987 gepubliseer en nou, sewe jaar later, mnr. Woods, kan ek jou die versekering gee dat daar nog geen verbetering is nie.

Jy kan bly wees jy was nie betrokke by die sinlose oorloë, die hongersnood en die vlugtelingprobleem van die afgelope tyd nie. Dinge het nie verbeter sedert jou tyd nie, mnr. Woods. Inteendeel, dit wil voorkom asof dit daagliks versleg.

Nou kan ek nie veel oor ander Afrika-lande praat nie, maar as ek so in my eie geliefde Namibië rondkyk, raak ek ook bekommerd.

Windhoek, wat eens bekend was as die skoonste stad in Afrika, is stadig besig om in ’n vullishoop te verander. Onderwys is besig om tot ’n lae vlak te daal en reg en orde bestaan feitlik glad nie meer nie.

Misdadigers het die land oorgeneem en dit is glad nie meer snaaks om by jou huis aan te kom en te vind dat jy van jou swaar verdiende besittings beroof is nie. Dit is nie meer snaaks om by jou motor aan te kom en te vind dat dit oopgebreek en die radio gesteel is nie.

Dit is glad nie meer snaaks as ’n joernalis feitlik regvoor die polisiekantoor aangerand en van haar kamera beroof word nie. Dit is nie meer snaaks as ’n vrou wat ’n ent wou gaan draf van die pad af geruk en verkrag word nie. Dit is ook nie meer snaaks as ’n bejaarde vrou helder oor dag naby haar huis deur boewe in die maag geskiet word en van haar motor beroof word nie.

Dit is ook nie meer snaaks om by die toonbank van ’n wegneemeteplek te staan en met ’n mes in die rug gesteek te word nie.

Die ligstraal is in die persoon van mnr. Nelson Mandela, die nuwe president van Suid-Afrika.

Mnr. Mandela het verlede week ’n massagehoor in sy land toegespreek en ek haal hom ook aan: “I am here to serve you, the people.” – 17 Augustus 1994

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!