No Image Caption

Facebook vir 8 November 2022

Sanet Pearson
“Junior meisies neem wêreldtoernooi oor”:

Dit behoort elke Namibieer se hart te laat oorloop van trots - meisies met hul afrigters! Ons is verseker baie baie trots op jul! – Marietjie Strauss

Ek ken nie een van hierdie meisies of afrigtingspan nie, ek het ook nog nooit inlynhokkie gekyk nie, maar kyk, ek is so trots op hulle asof dit my eie kinders is. Welgedaan meisies! Julle maak die hele Namibië TROTS! – Jana Bean

Baie geluk aan die Namibiese span. Julle is die kampioene!!! – Sybrand A Coetzee

So trots op hierdie jong dames en afrigterspan! So stil-stil maak julle Namibia trots en bring die goue medaljes huis toe! – Glenda Goosen

Trots op julle, baie geluk. – Emille Theron

Knap gedaan! – Susan van Zyl Brand

“Misdaadnetwerke in Viëtnam teiken nou renosters”:

Viëtnam is dan sekerlik die mark vir Namibië, Botswana, Zimbabwe en RSA se ivoor en renosterhoring wanneer hul CITES verlaat. . .soos per hul dreigemente! Dit sal aanvraag stimuleer. – Izak Smit

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer