Feestyd, oordaad en beweging
Bog praat kan aangenaam wees. Om met die verkeerde mens te gorrel, kan sielsdodend raak. Dié gesprekke is vir my soos om ’n brommer te bestudeer wat te lank by ’n piering vol hanepoot getalm het en toe in ’n vol blik goue stroop sy weg na veiligheid moet oopveg.
Geen vordering word gemaak nie, en dit kan al te gou verveeldheid en ’n dosyn gape oor ’n mense se lippe laat ontsnap.
“Is jy vaak?” kan dalk gevra word. “Wel, nee ou tjom, net bitter verveeld. Ek het wel laasnag nie ’n oog toegehad nie,” sal ek antwoord.
Nodeloos om te sê, maar meer as dikwels sal hy of sy nie die pyn voel nie. Al trap jy op daai gewraakte liddoring wat soos ’n fytvinger klop. Jy hoor hom so wrintiewaar as dié een in die gang af stap.
Gepraat van gaan en staan en nêrens heen gaan. Sommige mense het meer volume as ander. “Hoe bedoel meneer dan nou?” sou Jaco, een van my ou groot maters gevra het.
“Volume behels saais en die deursneë om die hoeveelheid swaartekrag wat die mens op ’n skaal sal uitoefen, te meet,” sal ek na drie draaie en ’n druk antwoord.
Kyk, ek het self al verby die 140 kilogram gedraai en ek is maar net 1,76 meter lank, of is dit nou 1,76 meter kort? Ek ken ook van sukkel met te veel volume. Nie dat ek op sewe-en-vyftig met Eben Etsebeth se fisieke uiterlike spog nie. Daar is hopeloos te veel passasiers wat ek saam met my om my middel rondkarring. Ek is ook nie ’n lewensredder wat ’n tjoepie nodig het nie.
As dit by smul, veral verkeerd en te veel eet kom, gebruik te veel slimmetjies hul mond en ore in die verkeerde verhouding. Kyk, ’n mens het mos twee ore en een mond. Gebruik dié instrumente in dieselfde verhouding as dit by luister kom. Dis nou maar my beskeie mening. Ek moet nou ongelukkig ruiterlik beken, dit is vir my ook al gesê.
Ja-ja, ek weet ek speel nou nie net op Aftjop se stoepe nie, maar heel moontlik daar by die yskaste rond met nat vloere de works wat ’n ou lelik kan laat glip. Dié goed is soos kerksake, politiek of rugby. Dis gevaarlike terrein met vele slaggate en verskanste landmyne asook valstrikke waarin ’n ou soos die uwe ongesiens kan trap.
Ek het al vele mense gesien met volume wat loop. Alles beweeg (elkeen in sy eie rigting). As hulle gaan staan, loop hulle nog steeds. (Joe nou wat Aai mien?) Maar dit nou daar gelaat. Boel vreet lap en wolf is skaapwagter.
Kouwit is iets van die verlede, Aspoertjie en Sneeuw Witjie is nog gelukkig getroud, terwyl Rooikappetjie gelukkig geskei is. Die sewe dwergies is almal oorgewig en die koning sukkel met Kêmila. Die drie lelike susters se plastiese snykunde kon niks aan hul probleem doen nie en Charlize het al haar wiskunde klasse gebank.
Met die feesseisoen om die draai, is dit weer tyd vir lekker kuier saam met familie en vrinne wat jou goedsmoeds (sonder enige skuldgevoelens) met sadistiese genot van die wal af in die sloot kan help. ’n Skaap ter slagting sal sekeres sê met etlike rubberarms wat té maklik vir ’n ietsie ekstra gedraai kan word.
Of dit nou te veel voggies of eetgoed is, maak nie saak nie. Oordaad in enige vorm kan selfs die versigtigste mens ongesiens by ’n loopgraaf inwag. Geniet die breek, vat ’n knak en hap ou Zak.
Maak vrede, maak tyd en praat met mekaar.
Vergewe jou vyande; moenie van jou hart ’n moordkuil maak nie. Die lewe is te kort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie