Fishrot: Die storie agter die storie
Ek skryf gereeld oor die tien Fishrot-beskuldigdes. Ek ken hul name uit my kop uit. Ek is by elke hofverskyning, kamera en notaboek in die hand. Daar is soveel besonderhede wat nie my berigte haal nie. Hofverslaggewing het nie plek vir beskrywings nie – dit is klinies en op die punt af, maar hierdie is nie ’n berig nie en hier kan ek vir julle die storie agter die storie vertel – die juicy Huisgenoot-weergawe.
Wanneer hierdie mans in die hof verskyn, is hulle uitgevat en mooi netjies aangetrek. In skrille kontras met al die ander beskuldigdes wat met sweetpakbroeke en geskeurde T-hemde verskyn. Meeste beskuldigdes verskyn gewoonlik elke keer in dieselfde uitrusting, maar nie hierdie mans nie. Elke keer is dit ’n ander pak met das, blink skoene en sonbrille.
Elke keer wat hulle verskyn, raak die gapings tussen hul hemde se knope al hoe stywer. Spekvet en gesond. Nou ja, ek was nog nie agter die deure en in die selle van die Windhoek Sentrale Gevangenis nie, maar dit lyk nie of dit te sleg kan wees nie. Mans met hul status kry seker spesiale behandeling – hoe sal ek en jy nou weet wat agter geslote tralies gebeur?
Hofverskynings saam met die Fishrotters voel soos ’n sosiale geleentheid. Die manne glimlag en gesels. Die hofsaal is vol mense wat waai en praat. Dit is ’n jolige storie.
Selfs toe ou arme Ricardo nog op borgtog was. As hy by die ander mans in die beskuldigingsbank aansluit, word hy omhels en met die grootste vriendelikheid begroet. Dalk was hy maar hul held; hul enigste hoop op vrylating. Hy was egter die enigste een wat borgtog kon kry. Maar ai shame, die man se borgtog is Vrydag teruggetrek en hy sal nou saam met sy tjommies sy derde Kersfees agter tralies deurbring. Ek sou graag op Oukersaand ’n mot teen daai sel se mure wou wees. Dalk is dit net so jolig soos hofverskynings? Wie sal weet?
Nou om foto’s van hulle tydens hofverskynings te neem, is nie een van my gunsteling tydverdrywe nie. Dalk omdat ek ’n vrou is. Dalk omdat hulle voorbarig is. Hulle groet altyd baie vriendelik, poseer vir die kamera en het altyd ietsie te sê. Een het selfs al vir my vertel hoe aantreklik ek is. Onvanpas? Beslis!
Een van die beskuldigdes is natuurlik missing in action (MIA). Marén de Klerk is skoonveld en is glo te bang om terug na Namibië te keer, want hy dink iemand gaan hom doodmaak. Hy probeer hard om ’n hoekaairoeper te word, want dan is daar wette in plek wat hom teen vervolging sal beskerm. Dis ’n slim plan, maar dit is bietjie te laat volgens my. Dit klink ook nie asof die Namibiese owerhede daarvoor gaan val nie.
Ek weet nie of hierdie mans skuldig is nie. Dit is ook nie my plek of plig om dit te besluit nie en dankie tog daarvoor. Ek skryf eenvoudig die stories, week na week, jaar na jaar.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie