Sanet de Swardt
Sanet de Swardt

Gedagtes in herinnering roep

Sanet de Swardt
As ’n mens aan jou kinderjare dink, is dit soms vreemd wat in jou kop vassteek.

Ek het onlangs weer op memory lane gegaan en aan oom Boet gedink. Dit is nou my pa se swaer. Hy het by die destydse spoorweë in Suid-Afrika gewerk en kon die lekkerste kos maak; regte spoorwegkos.

Hy het altyd wanneer ons gaan kuier het sy beste voetjie voorgesit met die heerlikste disse en tuisgebakte brode. Die tafel was ook altyd perfek gedek. So asof ons gaste op die trein was. Ek sou wat wou gee om dié diens op die trein te kon beleef.

Ek sal ook nooit vergeet hy het altyd rooi en groen koeldrank (Sparletta sparberry en creme soda) in sy yskas gehad. Ons was mal daaroor.

Hy het altyd stories vertel van hoe goed die passasierstreine daardie tyd was. Hy het gesê die treine en diens was van topgehalte.

Maar dit gaan nie net oor luukse treinritte nie. My pa het toe hy nog ’n laerskoollaaitie was vanaf Johannesburg tot in Walvisbaai met ’n trein gery. Hy kon nie uitgepraat raak oor dié ervaring nie. Die treinrit was ’n belewenis, maar wat hy die meeste kon onthou, was die duwweltjies op die rugbyveld en hoe hard die grond was.

Hy sê hulle het gehik as iemand hulle geplettervat het. Die Joburg-laaities was lyk my nie opgewasse teen Walvisbaai se harde rugbyvelde nie.

Ek het in my leeftyd nog nie baie trein gery nie. Ek kan twee ritte onthou. Die een was in Suid-Afrika en die ander hier in Namibië. Ons het die rit in SA onderneem om na een van my oudste suster se karate-toernoeie te gaan. Ek kan net onthou hoe rustig dit op die trein was en hoe lekker ek geslaap het.

Die ander rit was by Klein-Aus Vista in die Suide. Hulle bied elke jaar ’n fietstoer aan en dan ry die trein saam met die fietsryers. Ek en my oudste het die rit meegemaak. Ek het nog ’n foto van hom hoe hy hom verwonder aan alles; hare wat deurmekaar gewaai is.

Dit is dieselfde uitstappie waar ek sy doeke by die huis vergeet het. Ons het daardie tyd in Rosh Pinah gebly en om 320 km huis toe en terug te ry om sy doeke te gaan haal, was nie ’n opsie nie. Die winkel by die vulstasie het ook nie in voorraad gehad nie.

Gelukkig noem die verkoopsdame toe dat die mense oorkant die straat dalk die regte grootte doeke sal hê. Ek moes maar my trots in my sak steek en aan hul deur gaan klop om vir doeke te vra. Dit was die gaafste mense ooit en ek het met genoeg doeke daar weggestap.

As dit nie vir dié mense was nie sou ons seker moes huis toe gaan en ons sou die wonderlike treinrit misgeloop het.

“Dan dink ek terug aan soveel dae

Soveel stawe op die spoor

Ja daar was voorheen ’n tyd van treine

Waar en wanneer het ons dit verloor?

Tussen treine

Tussen stasis

Lê daar basies

Net die leë spore” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.98/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.46/lb UP +3.21% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 4.33% | Brent Crude Oil US$ 75.00/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 981.63/OZ UP +2.46% #REF!