Augetto SMN
Augetto SMN

Geen ander keuse as om te werk

Augetto Graig
Ons het pas Wêreldpersvryheidsdag en Werkersdag gevier. Ek was gelukkig genoeg om dié twee dae nie te werk nie en dit was hemels.

Die volgende dag was ek weer op kantoor. Die werk moet gedoen word. Die media staan vir niemand stil nie. Ek vat dit ernstig op om mense oor die gebeure van die dag in te lig. Vandag wil ek net sê hoe belangrik dit is: Uiters belangrik.

Eerstens wil ek noem om te werk is baie belangrik. Of jy nou jou eie onderneming het, of vir ’n gevestigde instansie of ’n klein besigheid werk, of welsyns- of vrywillige werk doen, dit maak nie saak nie.

Dis belangrik dat jy werk. Mense moet werk. Om by die huis te werk is net so belangrik soos werk buite die huis. Ons raak kreatief deur te werk. Huiswerk skep ’n woning. ’n Betalende werk skep ’n inkomste. Welsynswerk skep ’n beter wêreld vir almal.

Mense is gemaak om te skep. Sonder werk en sonder skepping, skort daar iets.

Jou eie behoefte aan werk is ook nie waar dit eindig nie. Ander mense moet ook werk, en hulle doen. Van hulle werk teen jou. Van hulle werk teen ons almal, teen ’n vreedsame samelewing, teen voorspoed vir almal, teen ’n veilige land, teen vooruitgang van hul medemens.

Dis die hartseer werklikheid.

Dis veral sigbaar in vandag se medialandskap. Harde werk gaan daarin om inligting te misbruik. Groot geld word bestee om sekere agendas te bevorder, sekere punte oor te dra en sekere sienswyses te kweek.

Vandag moet die media se aanhangers ook hard werk. Jy moet stoei om die regte inligting in die hande te kry, en om te verseker jy verstaan werklik wat aangaan.

Jy moet werk om die inligting in konteks te plaas. Jy moet werk om te leer wat jy kan doen en wat jy moet doen as die nuus van die dag in ag geneem word.

Soms kom dit neer op klein praktiese aanpassings wat nogtans die moeite werd is. Byvoorbeeld weet die persoon met kennis van ’n groot komende brandstofprysverhoging om die aand voor die verhoging sy voertuig vol te maak. Net so sal ’n wêreldreisiger weet om nie tans die Oekraïne te besoek nie.

Ander nuuswaardige gebeure is egter nie so maklik om te ontleed nie. Toe Europa onlangs reise na Afrika verbied het, kon mens aflei dat dit nie veilig in Afrika was nie. Die oorsaak was die verspreiding van Covid-19, maar die werklikheid was egter dat die virus toe nog erger verwoesting in Europa gesaai het. Hoewel ons regering dit nie verbied het nie, was dit nie ’n goeie tyd om noord te vlieg nie, terwyl diegene wat suid gekom het dit meestal sonder skade oorleef het.

My punt is dat jy nie meer alles kan glo waaroor berig word nie. Jy moet hard werk om die waarheid van die fopnuus te skei. Dis werk wat gedoen moet word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!