Gekheid roep om wraak
Ek sê maar net (2 Aug 2024)
Gene Travers – Ek het die voorreg gehad om die afgelope naweek die gasvryheid van Johan en Katrien de Beer te geniet.
Ben en Antoinette Vermaak was ook teenwoordig, sowel as ’n natuurbewaarder wie se naam ek nie sal noem nie, want dit wil vir my voorkom asof enige staatsamptenaar wat nog sy sout werd is en met koerantmanne praat, sy werk mag verloor.
Die gesprek het gegaan oor die natuuroord wat Ben en Antoinette in die Noorde bedryf en ek het my verstom oor die belangstelling wat dié mense in die diereryk het en die pogings wat hulle wil aanwend om die diere in hul omgewing te beskerm.
Die natuurbewaarder ken feitlik elke kameelperd, olifant en krokodil wat in ons natuurparke lewe en hy praat met liefde van elke dier.
Die jagseisoen is nou verby en ná die groot slagting sal die diere wat saam met ons lewe, weer ’n kans kry om aan te teel tot die volgende jagseisoen.
Nou gun ’n mens ’n man dit om ’n bok te skiet om vleis in sy gesin se maag te sit, op voorwaarde dat die dier ten volle benut word. Maar wanneer dit kom by die doodskiet van diere vir geldelike gewin en die maak van seksmiddels, begin dit dwars trek.
Om ’n renoster dood te skiet vir sy horings en ’n middel daarvan te maak om ’n man in die Verre-Ooste se sekslewe op te kikker, maak nie vir my sin nie.
My gedagtes het teruggegaan na ’n ander natuurbewaarder wat my jare gelede saam met hom na Damaraland geneem het om vir my te wys hoe wilde diere sinneloos deur mense doodgeskiet word.
Ek en die natuurbewaarder het meer as ’n week lank in die spore van die wilddiewe gery en hoe meer ek gesien het, hoe kwater het ek geword.
Ons het op dooie olifante afgekom wat met ligte kaliber wapens tot 30 keer in die kop geskiet is om hulle dood te kry. Die diere se tande en voete was afgekap en die res van die karkasse net so in die veld gelaat.
Ons het op die karkasse van kameelperde afgekom wat vir geen rede hoegenaamd doodgeskiet is nie, en ook net daar gelaat is.
By een watergat het ons op die karkasse van meer as 20 koedoes afgekom wat ook klaarblyklik sonder rede doodgeskiet is. Een van die karkasse het in die watergat gelê en dit het my en die natuurbewaarder ’n aansienlike tydjie geneem om dit uit die gat te kry sodat die water nie besoedel raak nie.
Volgens die spore van die wilddiewe wat ons gevolg het, was hulle sowat ’n dag voor ons. Ek kan onthou dat ek een aand saam met die natuurbewaarder langs die vuur wat ons by ons oornagplek gemaak het, die opmerking gemaak het dat sou ons die wilddiewe inhaal, ek hulle koelbloedig sou doodskiet.
Die natuurbewaarder het met ’n stok in die kole gekrap en vir my gesê dat ek hulle te veel genade sou betoon.
“Ons moet hulle vang en met draad aan hul jagkarre vasmaak en net daarlos,” het hy gesê.
’n Olifant vergeet nooit nie. . . – 3 Augustus 1994

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie