Gekkedag nou 435 Day
Ek sê maar net (30 jaar gelede)
Placido Hilukilwa – Terwyl van my kollegas bedroef was, het ek gejuig omdat Gekkedag vanjaar op ’n Saterdag geval het.
Dit het amper ’n mini-rewolusie hier in die kantore van Die Republikein se redaksie veroorsaak. Maar vir my was dit bitter om te aanvaar dat die kans vir draaksteek in die openbaar ongesiens moes verbygaan.
Gedurende die afgelope 11 jaar het Gekkedag vier keer oor naweke geval. In 1989 en vanjaar was dit op ’n Saterdag en in 1984 en 1990 was dit op ’n Sondag.
Op ’n tyd toe vakansiedae broodnodig was, het ’n Gekkedag-berig van 1981 die skokkendste nuus “onthul”: “Alle vakansiedae, buiten die godsdienstige herdenkingsdae, is van volgende jaar af in Suidwes geskrap.”
Ná ’n lang wag het die opvolg-“storie” uiteindelik op 1 April 1986 verskyn: “Vakansiedae is vir ewig uit.”
“Alle hengel langs SWA/Namibië se kus is van vandag af verbied,” is op 1 April 1987 vertel.
Maar dit alles kon nie die mees suksesvolle draaksteek-berig oortref wat op die Gekkedag van 1982 verskyn het nie.
“In ’n daadwerklike stap om jong ongetroude vroue na Grootfontein te lok, en as regstreekse teenvoeter vir die dorp se masseersalon en ‘onsedelike verval’ het die stadsmoeders ’n unieke plan bedink.
“Aan elke ongetroude jong vrou wat bereid is om haar op Grootfontein te kom vestig, word gratis verblyf, mediese behandeling en ’n melkkoei verskaf.”
Dit sê alles hoekom die dag ’n gekkedag genoem word. Nikswetend het van my kollegas hul debuut-gekskeerstories gereed gehad toe dit aan hulle gestel is dat daar nie ’n Saterdag-uitgawe van Die Republikein sal wees nie.
“Hoekom nie?”
“Logies: ons gee nie ’n koerant uit op Saterdae nie,” het ek probeer verduidelik om daardeur die atmosfeer te kalmeer.
“Indien ’n koerant gekskeerstories publiseer, kan dit mos ook gekskeer-uitgawes uitgee. Dis mos logies,” het Spaka volgehou.
Sowat 13 persent van die redaksionele personeel het hier en daar onder mekaar gepraat en mekaar moed ingepraat en gehoop vir ’n spesiale Gekkedag-uitgawe. Nadat die klandestiene mini-rewolusie ure geduur het, het iemand van Tempo ingestap.
Ek het haar toe vertel hoe ontevrede die mense hier is omdat vanjaar se Gekkedag op ’n Saterdag geval het.
“En verlede jaar?” vra sy.
“Ongelukkig was dit op ’n Vrydag,” sê ek.
“Dit wil sê volgende jaar sal dit die Sondag-koerant se beurt wees. . .”
“Vergeet dit. Die tyd gaan agteruit. Dit sal op ’n Vrydag val,” sê ek.
Toe kon ek sien hoe Berries kamma ontspanne saggies vir Juanita vertel om hul gekskeerstories maar vir aanstaande jaar te bêre.
Die moontlikheid bestaan egter dat 1 April binnekort, miskien vanjaar nog, as ’n openbare vakansiedag (435 Day) verklaar sal word. Dan kan hulle maar hul gekskeerstories vir ewig wegbêre!
– 10 April 1995

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie