No Image Caption

Gelukkige verjaarsdagmaand

Gerine Hoff
Augustus is agter die rug en September en lente (wel, eintlik somer) is in die lug.

Daarmee saam is ’n magdom verjaarsdae in ons onmiddellike familie- en vriendekring: In die afgelope vier, vyf weke en tot einde September, is daar omtrent 30!

Dit het natuurlik gelei tot ’n paar denke daaroor. Gegewe daar is 365 dae in ’n jaar, sal dit logies wees om te aanvaar die kans om op enige gegewe dag gebore te word, 1 in 365 is. Maar tog is daar in Augustus en September soveel méér verjaarsdae, en dis nie net in ons kringe nie – dis wêreldwyd die geval.

So, toe gaan raadpleeg ek my vriend(in), Dr Google wat antwoorde het op alles – al is dit nie altyd waarhede nie, veral wanneer dit kom by hierdie soort onderwerp.

Meeste webwerwe is dit egter eens: Daar is ’n paar interessante patrone wanneer dit kom by die gewildste geboortedae en -maande. Dit blyk asof daar sekere tye van die jaar en spesifieke dae ook, meer babas gebore word.

Oraloor die wêreld is Augustus en September die maande met die meeste geboortes. Natuurlik het dit baie te doen met wanneer vroue swanger raak (dit was immers nege maande gelede mos ’n Desember-vakansie!).

Die teenoorgestelde is Februarie, wanneer die minste geboortes aangeteken word – en dis nie net omdat dit die minste dae in die jaar het nie. Desember en Januarie blyk ook stiller te wees ten opsigte van geboortes.

As jy kyk na spesifieke datums, is die mees algemene geboortedae 9, 12 en 19 September. Die 9de September is voor in die koor, met die meeste verjaarsdae wat wêreldwyd op dié dag aangeteken word.

’n Paar ander datums wanneer daar meer geboortes is as gewoonlik en aldus Google, is 7 Julie, 8 Augustus en 10 Oktober, maar daar word gemeen baie ouers verkies keisersnieë op dié datums omdat 08/08 of 10/10 byvoorbeeld in baie wêrelddele as voorspoedig beskou word.

Aan die ander kant is die minste algemene geboortedatums byna altyd rondom groot vakansiedae, soos 25 Desember (Kersdag) en 1 Januarie (Nuwejaarsdag). Hoe dan so? Is dit dat babas nie hul verjaarsdag met groot vakansiedae wil deel nie? Of dat ma’s nie hul kinders met vakansieverjaardae wil opsaal en dit op een of ander manier regkry om dit daarvolgens te beplan nie?

Die mees waarskynlike antwoord is dat hierdie “skaarser” verjaarsdae die dae is waarop verloskundiges verkies om nie induksies of keisersnieë te skeduleer nie, en dit op sigself genoeg is om die weegskaal te laat kantel.

Dis onmoontlik om presies te weet hoekom dinge uitwerk in terme van die minste en mees algemene verjaarsdae en verjaarsdagmaande, want nie alle swangerskappe duur presies nege maande nie, nie alle swangerskappe word beplan nie, en nie alle maande het dieselfde aantal dae nie.

Wat wel ’n feit soos ’n koei is, is natuurlik dat 29 Februarie nie ’n groot dag is vir verjaarsdae nie!

[email protected]

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Brentford 1 vs 1 West Ham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A