Gery, gebly en gekry
Sê maar net 30 jaar gelede
Des Erasmus – Dis lekker by die see. Ek het ’n kraak gemaak. Of soos die ou Romeine sou gesê het: Ek het gery, gebly en gekry.
My word vertel dat die ryk ouens in Januarie vakansie gaan hou. Dis glo om te wys dat hul geld tot oorkant Krismis gehou het. Ek gaan vroeg om te erken dat my beursie nie Krismis gaan haal nie. Dit hou ook die voordeel in dat ek net die kop hoef te skud wanneer die koerende ge-liefdes in die Kersgety met hul oordrewe eise tot besteding kom.
“Ja, my kind, jou pa begeer dit ook al lankal, maar. . .” Verder hoef ek nie te gaan nie, want teen die tyd dat ek by die “maar” kom, het my gehoor reeds gewyk.
Ken mos al die storie. Van my kant is ek weer bereid om ’n toekenning vir volharding aan hulle te doen. Dalk vang hulle pa net een jaar onverhoeds.
My seekampie is eenvoudig, maar doeltreffend. In daardie tydelike tentegehuggie woon ook ’n lewenspan van taamlik oud tot baie klein – te klein om te lees en te skryf, maar groot genoeg om lief te hê. Dwaal so ’n tweejarige of om rooikoeldrank en ’n lekker by ’n buurvrou met haar postuurtjie los te slaan, is die geel doek handig waar die groen seil van weleer gestop is. Die kind weet waarheen om te koers.
Hou koers, hou geel!
My kamp dateer uit die voor-gastydperk. Daar word nog groot vure gemaak om jong gemoedere in die gloed met groot vertellinge te voed.
By die see kraak die visstok en die katrol so ’n effens, maar dis mooi getuienis uit die jaar toe die oorgroeide steenbras vir hom op die verkeerde plek in die klein sloepie kom wei het.
“Fall by fall”, sê ’n Wambo-vriend van een van ons rygoed. En ek wonder of hy met die “r” sukkel en of ek in sy humor moet deel. Maar dit ry sag oor die duinhobbeltjies omdat die bestuurder deur baie jare sy vat in die sand leer ken het. Links voor ons sit ’n buitelander met ’n V6 en breë bande in die sand vas. “Petrol!”, skreeu ’n verbouereerde vroutjie terwyl die vuurwa dieper in die sand indelf. En ek kan sweer sy hunker na die weelde van ’n Johannesburgse vyfster.
Wat ’n lus by my laat opkom om te waarsku dat die leeus vanaand daar gaan dwaal, want net dalk was dit die mense wat vir my gelag het toe ek sonder moedswil in die Goudstad in ’n eenrigtingstraat teen die verkeer probeer opbeur het.
My see-plek lê ver van Windhoek, ver genoeg om nie die toeters van Talstraat bo die gedruis van die branders te hoor nie. En meeue vlieg gereeld waar die Falcon net soms gaan. Herinnering, vreugde en hartseer kom sommer hand aan hand om ’n tent se hoek aangestap.
En onthou en hoop op die toekoms trek saam nuwe strepe in die sand.
Per grasie gaan ek aanstaande jaar weer. My ou goed sal dan nog sterk genoeg wees ná die rus van ’n jaar.
– 18 Desember 1992

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie