Geseënd met ’n ouma
Ek is geseënd met broers, ’n suster, ’n ma, pa en selfs tannies, ooms, niggies en nefies.
Elke verhouding is uniek op sy eie manier. Ek wonder soms hoe ’n alleenkind moet voel – geen boeties wat jou afknou of sussies wat saam met jou met grimering speel nie. Die kinders van alleenouers mis uit op pappa-drukkies of diep gesprekke met ma.
Aan die ander kant, hoe mis jy iets wat jy nog nooit gehad het nie.
Iets wat min mense vir jou sê voor jy trou, is dat jy ’n hele familie ryker word. Nuwe verhoudings bykry – elkeen met hulle eie, unieke dinamika.
’n Skoonsuster is byvoorbeeld iemand wat jy nooit aan gedink het nie, maar jy put definitief groot genot uit dié verhouding. Sy word jou vriendin, raadgewer en rots. Sy word jou bondgenoot en verwelkom jou in jou man se familie. ’n Vriendin vir altyd.
Dieselfde geld vir die vrou wat met jou broer getroud is. Sy word die perfekte kombinasie tussen suster en vriendin. Boonop het sy jou broer lief en bou sy ’n huis waar jy ook altyd welkom sal wees. Sy word soms ’n nodige skakel tussen jou en jou broer. Haar teenwoordigheid maak jou eie familie sterker.
Daar is egter een verhouding wat ek ryker geword het en wat ver bo die ander uitstaan – ’n ouma.
Ek het grootgeword sonder die teenwoordigheid van ’n ouma. Beide my ma en pa se ouers is oorlede voor ek behoorlik verstand gehad het. Ek wens ek kon die mense ontmoet wat my ouers grootgemaak het, die mense vir wie my ouers so oneindig lief was – soos ek vir hulle is.
Toe ek met my man getroud is, het ek uiteindelik vir die eerste keer iemand gehad om “Ouma” te noem. Ek het nooit besef hoe kosbaar ’n ouma is nie. Weer eens – hoe mis jy iets wat jy nooit geken het nie.
Dit het natuurlik ’n tydjie gevat ná die troue om daaraan gewoond te raak om my skoonouers “Ma” en “Pa” te begin noem, maar “Ouma” was sommer van dag een af maklik.
Aanvanklik was ek onseker oor hoe om ’n (aangetroude) kleinkind te wees en het gesukkel om my waardering en omgee te wys. Ek sukkel steeds daarmee, maar ek het die waarde van ’n ouma sommer dadelik besef.
Ek sien hoe Ouma na my skoonsuster se kinders kyk. Haar agterkleinkinders. Haar erfenis. Haar bloed. Haar nalatenskap. Die liefde van kind en ’n kleinkind – alles in een lyfie geprop.
Ouma kon oor die jare sien hoe haar familie groter word. Van haar eie kinders grootmaak en hoe die familie – wat vandag steeds by tye onder een dak pas en saamkuier – stelselmatig uitgebrei het.
Nes Ouma se hulp en omgee, is haar liefde oneindig.
’n Ouma is van die kosbaarste mense op die planeet en ’n seëning wat talle mense ongelukkig nie ervaar nie. Ek is dankbaar dat ek ook ’n kans gegun is om ’n ouma te hê en ek is vir God ewig dankbaar.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie