gene travis (002)
gene travis (002)

Gevaar langs die pad

Sê maar net 30 jaar gelede
Mandy Rittmann
Gene Travers – Windhoek se spietkôps is oor die algemeen nie ’n onaardige klomp nie en ons weet lankal reeds dat hulle tot die uiterste beproef word.

Ons weet ook dat die verkeersmanne hul hande vol het om die verkeer behoorlik te laat vloei en reg en orde te handhaaf, maar ek het gewonder of ons menere Hanekom en Heyns nog verder kan beproef deur te vra of hulle nie ’n spesiale tak wil stig om op die stad se sypaadjies en munisipale parkeerterreine te konsentreer nie, want dit wil nou voorkom asof meer regulasies en wette op dié plekke oortree word as in die strate self.

Rinkhalsdansers en onwettige dobbelaars bedryf hul sake openlik op die sypaadjies en die toeskouers wat hulle lok, versper die meeste van die tyd die weg vir voetgangers totaal.

Oortreders bespuug en besoedel die sypaadjies met papiere, afvalkos, leë blikke en bottels.

Straatboewe skouer jou uit die pad. En waag dit nou net om iets te sê, loop jy die gevaar om gevloek, aangerand en selfs met ’n mes gesteek te word.

Ons kan die nuwe tak in die verkeersafdeling sommer “sypaadjiekôps” noem en ek beveel aan dat hulle swaar gewapen moet wees om hulleself te beveilig.

Die sypaadjiekôps kan hulle dan toespits op sypaadjieboewe en die landdroste kan dié manne se hande vat en hulle in hul taak sterk deur gepaste swaar strawwe in die howe op te lê. Mense wat op die sypaadjies urineer en spuug, kan byvoorbeeld gevonnis word om die munisipaliteit se openbare toilette vir ’n jaar skoon te maak.

Diplomatieke voertuie wat op sypaadjies geparkeer is, kan op beslag gelê word en die “diplomaat” kan summier gedeporteer word. ’n Oortreder wat sy neus op die sypaadjie uitsnuit, kan met ’n klein saksoekie uitgereik word en verplig word om agter ander neussnuiters skoon te maak.

Straatboewe, leeglêers en rommelstrooiers kan gevonnis word om die Weermag op Grootfontein se ammunisiebergplekke te gaan regpak. Tot tyd en wyl die nuwe sypaadjiekôp-tak gestig word, kan ek voetgangers aanbeveel om ’n goeie, swaar kierie saam te dra. Dit kan soms so ’n bietjie help. – 18 Augustus 1993

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!