Elvira Hattingh
Elvira Hattingh

Gogga

Elvira Hattingh
Toe daardie wonderbaarlike eerste reëndruppels val, broei ons uit, ek en my broers en susters. Ons is meerlinge, ons is miljoenlinge, ons is legio.

En ons krioel en kruip oor die aarde, en ons groei vlerke en klief op na die lig. Ons bloudruk sê volg die maan, volg die sterre, ons kan dit nie verhelp nie.

Vlerke soos ’n duisend Boeings wat op jou afsak, wat die son kan verduister en jou ore kan verdoof.

Eers vlieg ek hoog, ek en my broers en susters... Skryf maar jul koerante vol, ons foto’s jul televisiekaste vol, laat die kenners konfedereer: Ons is die mag van die natuur, onstuitbaar, verskriklik, ons voel ’n bloue duit. Tyd is nou, tyd is gou, ons leef net ’n oogwink lank.

Dis leef en oorleef, eet of word geeët, plant voort of sterf uit, vinnig, aggresief, nóú. Dis alles of niks.

En toe’s dit donkermaan en wie soek, soek soms tevergeefs. Of doen hy?

Maar skielik die eensame lig van ’n plaashuis doer onder. En ek is bo by sterre en soekend na die maan, maar o wee, dáái liggie. En ek duik en wip en wik en weeg.

So eensaam en aanloklik, nee wag, laat ek omdraai en gaan kyk! Ek en tien van my broers, dis instink, dis oeroud, daardie onweerstaanbaarheid.

Haastig op pad na die plaashuis en wie gaan wen, o wee!

Nader en holderstebolder, saam met die aandwind bol ons by die kombuisvenster in. Hoe nader hoe kwater, geen omdraaikans, om en om die kers se vlam.

Waarom sal ons hunker na die maan en dit nooit vind nie? Watwou! Ons het die lig gevind! Rondomtalie-draai en ’n getok-tok teen die plafon, plesierig en dié paartie raak nou rof.

Want daai lig is ’n lig wat ons nie kan weerstaan nie: Dis goedkoop wyn, dis ’n mooi vrou, soos ’n gratis ete.

Dronk van geluk, ons het die lig gevind! Skielik een skroeigeluid, ’n vlam wat vir ’n stonde verhelder en ’n broer ploeg neer – hy het sy vlerke verbrand.

Maar vir ons ander is daar geen keer meer, hierdie mooi vlam dans-dans saam met ons, die Spaanse dans, flamingo en tango, om en om.

En elkeen kry ’n beurt vir ’n armswaai, en nou is dit myne! Om en om en sy gryp my aan die arm. Skielik verhelder haar lig, en sy swaai met my!

Sjoeeeeesh... ek val, ploeg in die donker dieptes in. Vaagweg nog die tango en ekstase van my broers en susters teen die plafon... maar hier onder, hier is dit nou stiknagdonker.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!