Gert Jacobie
Gert Jacobie

Groet Nasie met styl

SMN 30 jaar gelede
Mandy Rittmann
Gert Jacobie – Een van die grootste waarhede van alle tye, is dat daar ’n tyd is om te kom en ’n tyd om te gaan.

Dankie daarvoor!

Só sien ons binnekort die veelbesproke Naas Botha, Noord-Transvaalse losskakel, Springbok-kaptein, storieverteller en skopper van formaat, gaan.

Ekself het nooit liefde in die Noord-Transvaal verloor nie, veral nie op hul rugbyvelde nie en om vir Nasty Naas te sien gaan, kan by my nie groot reaksie uitlok nie.

Wat ek as prysenswaardig beskou, is dat Air Namibia die hoofborg is vir die laaste wedstryd van die veelbesproke Suid-Afrikaanse rugbyheld.

Daar is natuurlik truuks by betrokke, soos byvoorbeeld die voorwaarde dat al die reserwes vir die wedstryd uit Namibiese geledere moet kom.

Ek dink dat dié een van die Namibiese nasionale lugredery se grootste publisiteitspogings van die dekade kan wees. Eerstens het hulle ’n geleentheid gesien om die nodige advertensie te kry deur die wedstryd te borg. My grootste vrees is net dat daar wraggies nog ’n werknemer by Air Namibia is wat glo Naas sal die wedstryd met welslae kan voltooi, of dat hy werklik nog rugby kan speel. Hy raak nou oud en daar is nie veel bewyse dat sy gevaarlike skopskoen van destyds nog so giftig is nie.

Die ander voorwaarde vir die borgskap was dat die skopkoning van weleer ’n afrigtingskursus in Namibië moet kom aanbied. Dit kan dalk ’n bydrae tot Namibië se swak rugbyjaar lewer. Ons hoop net nie hy leer ons jong spelers verkeerde gewoontes aan nie.

Terloops, die reserweskap van die Namibiese spelers by die uithang-geleentheid in Suid-Afrika is waarskynlik die grootste rugby-opwinding wat die land vanjaar kan hê.

Rugbyliefhebbers het vanjaar aan die agterste speen geknaag om ’n ietsie uit die seisoen te kry en behalwe vir landbou-subsidies wat weggeneem is en die vertoning van die Minister van Finansies, het Namibië in sy geskiedenis nog nie deur só ’n droë tydperk gegaan nie.

Ons hoop almal dat dit aanstaande jaar beter sal gaan met rugby, want as daar een sport is met ’n vermoë om samehorigheid te bewerkstellig, is dit rugby.

Vroeër was die Eerste Minister ’n groot rugby-ondersteuner, maar tydens dié seisoen het dit só swak gegaan dat hy selfs besluit het om op ’n rugby-Saterdag te trou. Dit is ’n teken van wantroue in die sport.

Naas het nooit werklik ’n rugby-indruk op my gemaak nie en ek is steeds van mening dat sy soort rugby deels daarvoor verantwoordelik was dat Suid-Afrika erg sukkel om uit die rugby-woestyn te kom. As daar dan een goeie ding is wat hy kan doen, is dit minstens om ’n publisiteitswaarde vir ons nasionale lugredery te hê en om ons span se spelers vir een keer vanjaar die geleentheid te gee om ’n goeie wedstryd by te woon.

Dankie Naas en dankie Air Namibia! Baie dankie ook aan M-Net, want ons sal minstens dié wedstryd met sy baie bekende name op die kassie kan sien!

– 28 September 1993

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!