Groot dankie
NORMAN KOTZE SKRYF:
Ek wil graag langs hierdie weg ’n groot dankie sê aan die handelaars in Namibië wat vir ons afgetrede mense ’n ekstra afslag op vars groente, vrugte, eiers en blomme, op sekere dae, by julle winkels gee. Maar as ek, mag wil ek ’n voorstel maak. Dit is dat die skree van die juffrouens agter tills (?) wat aan die einde van ’n transaksie “discount!” gil, wat die batterye in my gehoorstuk laat smelt, miskien vervang kan word met ’n ... nou ja, nie blou lig soos die polisie nie, maar wat van ’n groenlig wat flits totdat die discount tannie die afslag goedkeur en die lig afskakel?
Terselfdertyd wil ek ook vir die dominees vra of hulle nie ook vir ons afgetrede mense so ’n afslaggie kan gee nie? Dominee hoef nou nie ’n groen lig op te sit nie, ons stroom van nature na plekke waar ons ’n “discount” kry! Groetnis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie