Leandrea Mouers
Leandrea Mouers

Haal diep asem

Leandrea Mouers
Moeg. Opgesukkel. Over it.

Liewe leser, jy kan seker met my situasie vereenselwig. Teen dié tyd van die jaar raak mens moeg. Anders begin jy al planne maak en tel jou sente vir die Desembervakansie.

Ongelukkig vir ons koerantmense aan die kus is Janu-worrie ons voorland, in terme van verlof.

Nietemin, ek lees onlangs op Facebook ’n gedeelte uit ’n boek van John Eldredge met die titel Get your life back.

Hy sê ons siele is nie gemaak vir ’n tyd soos hierdie nie. Hy sê die lewe drafstap teen ’n vinnige pas verby ons.

Ons word gebombardeer met soveel inligting “at the touch of a button”, en dis 99,9% van die tyd net slegte nuus.

Die verwagting is dat jy ’n goeie ouer, goeie lewensmaat en goeie werknemer moet wees, sonder om al jou varkies te verloor.

Nou sê jy vir my, liewe leser, hoe doen ek dit?

Die laaste twee maande besef ek tot my skok, so graag soos ek Superwoman wil wees, is dit nie moontlik nie.

Maak nie saak hoe vroeg ek opstaan nie, maak nie saak hoe mooi ek my dag beplan en dit colour code met sticky notes, kan ek eenvoudig net nie by alles uitkom nie.

As vrou is dit ’n bitter pil om te sluk, want die New Age slogan is mos tog “you can do it all”.

Nee, suster, hier het ons nou die kat aan die stert beet.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek bewonder vroue wat dit regkry. Maar tog moet ek vra, het jy rêrig alles onder beheer? Gee jy 100% aan elke item op jou lysie?

Om eerlik te wees, ek sukkel. Ek sukkel om vrou, ma vir twee en joernalis te wees.

Soos ek dié drie rolle balanseer, skeep ek die belangrikste van alles af – myself.

Hoe kan ek ’n goeie ma vir my twee dogtertjies en ’n goeie voorbeeld wees as ek myself so afskeep?

Om al hierdie rolle te vervul, is my moeg ook deesdae moeg.

’n Sterk koppie koffie doen nie eens meer sy werk nie.

Dis mos nie reg nie.

John Eldredge deel toe ook ’n bietjie wysheid en hy vertel hy kweek die gewoonte om vir 60 sekondes net stil te raak. Waar hy ’n eenvoudig gebed doen en net sê: “Jesus, ek gee almal en alles vir U” en hy haal ’n paar keer diep asem, maak net sy gedagtes stil.

Ek is nog besig om sy voorbeeld ’n gewoonte te maak. Dis moeilik, maar ek moet tog iewers begin, of hoe?

Dus as jy hierdie êrens lees, vat hierdie oomblik en haal net diep asem.

Vanoggend se boodskap was ook, die Liewe Heer het ons elkeen met gawes en talente geskape, en met die nodige kapasiteit om te hanteer net dit wat Hy ons gee. So waarom wil ek ekstra aanpak?

Hier praat ek sommer met myself; leer om nee te sê. Stel perke vir jouself. Hou op om “ystervrou” te speel en wees net jouself. Doen wat jy kan. En dis dit.

Moet nie vir een oomblik skuldig voel as jy nie by alles kan uitkom nie. Jy is net mens. Onthou dit!

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!