Het tegnologie ’n doel?
Sê Maar Net
Hoewel ek die afgelope tien jaar my brood en botter as ’n sportjoernalis verdien, het ek nie een dag tyd gekry of tyd gemaak vir dié wonderlike en sosiale tydverdryf nie.
Ek was van voor skool af mal oor rugby en boks. Atletiek het eers later sy verskyning op die toneel gemaak.
Reusehelde soos Frik du Preez, Jan Ellis, Mannetjies Roux, Cyd Nomis, Gerrie Coetzee, Kallie Knoetze, Pierre Fourie en vele meer het op Saffier in die Namib in die voorhuis op die draadloos saam met ons gekuier. Later was dit op Adlershorst waar ons met die oor stewig naby die draadloos na die opwinding geluister het.
Wie sal die All Black-toer van 1970 en 1976 vergeet of die Franse Hane van 1971 en 1975 of die van die Britse Leeus in 1980.
Huisgenoot was die poort na visuele stimulering met foto’s wat in die verte buite die bereik van ’n lewendige tjokker soos ek was.
My kleuterskool was Pa se F100, die waenhuis, vellekamer, krale, karakoelskape, lammers, bees, koeie melk, kettie skiet, veeposte, rooijakkals jag, jag in die winter en swem in die plaasdam.
En dan was daar my blou fietsie wat ek glo permanent teen duiseligwekkende snelhede die vlaktes vol gejaag en ge-“ramp” het. Dit was tot ek terloops ontdek het ek kan nie my skaduwee klop nie.
Die toevoeging van ’n regte egte bruin leerrugbybal met Springbok op geskryf, was die kersie op die koek. Al wat leef en beef moes die bal vang soos ek dit gesool het en my systappe was genoeg om Syd Nomis uit die Bokspan te hou.
Die dag toe ek my kosbare rugbybal na ’n man met ’n massiewe stopnaald in sy hand geskop het, het amper die einde van my rugbyloopbaan op Saffier beteken.
Genadiglik het Pa Ponie geken van “tjoeps” met “patch en solution” regmaak. My gebroke hart was gou weer jubbelend met my Springbok-rugbybal onder my regterarm vasgeknyp terwyl ek met ’n ongelooflike systap bes moontlik my 1 000ste drie agter ’n kameeldoringboom gaan druk het.
Ek wou net rugby by die skool speel, en nêrens anders as regtervleuel nie. Sub A en -B het ons net atletiek gehol, maar in standerd 1 het ek bleikbaar genoeg lyf gekry. Ek word terstond nader geroep van waar ek en my maters agter die pale “dryfings” speel om die karige getalle aan te vul.
Kyk op laerskool speel jy waar jy aangesê word. Ek was op agtsteman, flank, vleuel en senter ingespan. Maar die lekkerste was op regtervleuel, om die bal op volle vaart te kry en die teenstanders na lug te laat gryp.
In my standerd 5 jaar kry ons ’n onderwyser van die Boland af wat totaal en al rugbymal was. Dit was so erg terwyl hy besig was om ’n som op die swartbord te verduidelik, hy sou stop, vir ’n ruk gestaan het en dan net daar die som in die verlede sou instuur.
Die volgende kliniese beweging is met groot sorg op die swartbord uiteengesit terwyl ons latte aan sy lippe gehang het. Wie sou nou kla as hy só ’n onnie gehad het en sy passie vir rugby het my gepas. Ek is gou as skopper van die eerste span ingespan. Dit was my en neef Konrad se voorreg om smiddae in studietyd te gaan skoppe oefen, terwyl die ander koshuisrotte moes huiswerk doen. (Onthou jy neef Chris?) Hy agter die pale, terwyl ek kaalvoet skoppe van elke moontlike uithoek van die veld moes baasraak.
Ná Laerskool Maltahöhe begin my hoërskoolloopbaan in 1979 in die hoofstad by HTS. Die Britse Leeus is in 1980 op toer in Suid-Afrika en maak ook ’n draai in Windhoek om die biltongboere te pak.
Hoewel ’n dag of wat laat, maak beeldradio ’n nuwe wêreld vir my oop, waar ons elke beweging van die Leeus teen die Bokke kon volg en ontleed. ’n Salige en opwindende ervaring wat ek nie maklik sal vergeet nie.
Tegnologie het tog ’n doel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie