Hoe Swifties die aarde laat bokspring
Nou ja, dis nie asof ek al by ’n Taylor Swift-konsert was (of beplan om binnekort na ene te gaan nie!), maar blykbaar is die sangeres besig om letterlik die aarde te laat skud. . . en dit oor haar aanhangers wat spring en juig en tekere gaan.
Volgens wat ek al gesien het, raak Swifties só meegevoer deur die energie en boeiende optredes dat hulle hulself nie kan keer nie.
Die fenomeen van die grond wat skud tydens Taylor Swift-konserte is al ’n paar keer opgeteken sedert die begin van haar wêreldtoer, en blykbaar het die onderwerp nou ’n bron van fassinasie onder beide aanhangers en wetenskaplikes geword.
Laasgenoemdes meen die seismiese aktiwiteit wat deur haar konserte gegenereer word, kan vergelyk word met dié van ’n klein aardbewing, met vibrasies wat ’n paar blokke weg van die venue gevoel kan word.
Seismoloë het opgemerk dat die vibrasies wat deur haar konserte gegenereer word soortgelyk is aan dié van natuurlike verskynsels soos aardbewings en vulkaniese uitbarstings, al is dit op ’n veel kleiner skaal – genadiglik! Dis seker dan ’n wonderwerk dat daar nog nie ’n gebou inmekaar gestort het nie.
Die wetenskaplikes meen die komplekse interaksies tussen menslike aktiwiteit en die aardkors, beklemtoon die maniere waarop ons gedrag die planeet op onverwagse maniere kan beïnvloed.
So, hoekom gebeur dit dat die aarde beweeg tydens ’n Taylor Swift-konsert?
Die antwoord lê in die blote omvang van die geleentheid self.
Haar konserte lok tienduisende aanhangers wat stadions volpak en wat opgewonde vir haar aankoms op die verhoog wag. Soos die ligte verdoof en die eerste reëls van haar trefferliedjies die lug vul, bars die skare uit in ’n waansin van opgewondenheid, spring, dans en sing uit volle bors.
Die energie van al die mense wat saambeweeg en dans, skep kragtige vibrasies wat deur die grond beweeg.
Maar, volgens wat al op TikTok en ander sosiale media gesien is, is dit nie net die fans wat bydra tot die seismiese aktiwiteit nie; Swift self is skitterend op die verhoog. Van ingewikkelde dansroetines en ballades wat die hartsnare tokkel – sy is ’n top-entertainer.
Terwyl die idee van Taylor Swift-konserte wat die aarde laat beweeg dalk soos iets uit ’n sci-fi-fliek klink, laat dit mens ook nogal dink aan watter geweldige impak musiek en die kunste op ons het.
Aan die einde van die dag, of jy nou ’n Swiftie is of nie, of net ’n sosiale waarnemer, kan mens eenvoudig nie die “seismiese” (ha-ha) impak van ’n Taylor Swift-konsert, of selfs ander soortgelyke konserte ignoreer nie.
As jy dalk eendag gelukkig genoeg is om by ’n live konsert van jou gunstelingsanger te wees, geniet die magic, die musiek en hoe die aarde onder jou voete beweeg.
– [email protected]
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie